Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General
Blog

Academia 'eksamen-ete' is 5-ster standard

Academia 'eksamen-ete' is 5-ster standard

Gans-Berg Nuus / News

Academia 'eksamen-ete' is 5-ster standard

Gansbaai Academia se Finale Nasionale praktiese Gasvryheidstudies Eksamenete is deur die Gr 12's op Woensdag, 30 Julie 2025 aangebied en kan met 'n 5-ster Hotelete vergelyk word - met disse wat geurig en smaaklik deur die sjefs voorberei is en flink deur netjies-geklede kelners aan die gaste voorgesit is (spreekwoordelik kon die sjefs en kelners 'deur 'n ring' getrek word!).

Buite die restaurant is die gaste professioneel, maar vriendelik, met 'n alkoholvrye drankie verwelkom, waarna elke tafel se 'persoonlike' kelner aan die gaste voorgestel is - die gaste is deur hom/haar na die onderskeie tafels begelei. Stoele is flink vir elke gas uitgetrek om hy/sy sitplek te kon inneem. Daarna het hy/sy hulself weer as die tafel se kelner voorgestel en is 'n volgende glasie alkoholvrye drankie aangebied. Die Gans-Berg Nuus se eienaar, Michelle van Zyl, asook die joernalis, Hardus Botha, was van die genooide gaste - hulle het by tafel 8 aangesit en hulle flink kelner was Hllumelo - vriendelik, beleefd en flink.

Hannett van Deventer, Gansbaai Academia se Gasvryheidshoof, het die gaste verwelkom en die doel van die ete aan hulle verduidelik. Hannett het die spanleiers (sjefs en kelners), aan die gaste voorgestel, waarna elke spanleier self sy/haar span aan die gaste voorgestel het. 'n Eregas, Maritza Theron, Vakadviseer: Gasvryheid Overberg Onderwysdistrik, is spesiaal verwelkom en in haar spreekbeurt het sy Annett en haar span leerders geloof vir hul puik optredes. Trotse ouers van die leerders is ook uitgenooi, met Boet en Hannie Schoeman, die trotse ouers van Hannet, wat ook teenwoordig was.

Tydens die ete het Hannett tussen die tafels deurbeweeg om te vra of alles in orde is en of die disse geniet word, met die kelners wat ook kort-kort gevra het of alles reg is - sodra een dis klaar is, het die kelner weer die tafels voor die gaste mooi skoongevee om seker te maak alles bly netjies. In totaal is 27 van Hannett se leerders beoordeel: 11 kelners, 12 Sjefs, 1x Maitre D'Hotel (Hoofkelner), 1 Hoof-drankkelner, 1 Chef De Cuisine (Hoofsjef) en 1 Aboyeur (Assistent-hoofsjef).

Die spyskaart is die ding wat die ete 'gemaak' het: 'n smaaklike 4-gang ete met alkoholvrye verwelkomings-mengeldrankies; Cranberry Druiwe Vonkeldrankies; Hors d'Oeuvre; Vol-au-Vents met Spinasie en Feta vulsel; 'n 2de voorgereg met Patat en Gemmer Sop en Focaccia Driehoeke. Hoofgereg: Blindevinke; Sampioen Risotto; Roerbraai Groente. Nagereg: Sjokolade Bavarois. Tee en Koffie.

Bravo en 'n 100% puntetoekenning vanuit Gans-Berg Nuus se geledere, beter kon dit nie gewees het nie en die leerders word sterkte met die uitslae toegewens - dit was 'n voorreg om hulle 5-ster Hotelete te kon bywoon!

Hardus Botha

Academia 'eksamen-ete' is 5-ster standard

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles