Blog

Maak jou veters vas... met Gans-Berg Nuus

Maak jou veters vas... met Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Maak jou veters vas... met Gans-Berg Nuus

En so word ek, Michelle van Zyl van Gans-Berg Nuus, en my vriendin, Marilé Geldenhuys, weer eens nuuskierig oor wat in ons areas aangaan. Die wat ons ken, weet mos - dit vat nie baie nie! So, daar vat ons toe nou Saterdagoggend 16 Augustus 2025, die pad uit Gansbaai, deur B'Bos en Elim na die onbekende plekkie wat weggesteek is op die grondpad tussen De Damme en Strandveld Wynplaas, naby Bredasdorp.

Maar mênse, sê ek nou vir jou, was dit nou 'n belewenis?! Eers die beeste en melkplase wat ons aandag trek, en toe die mooi dorpie Elim waardeur jy ry. Die pragtige Morawiese dorp waar mense omtrent by elke tweede huis by die deur staan en loer wie en wat in die hoofstraat verbyry - en met 'n glimlag en wuifende hand jou begroet. Selfs die honde loop in die strate rond en lyk asof hulle vir jou glimlag. So ry ons verby Black Oystercatcher - ja, net so 'n mooi plek wat jy ook maar gerus kan besoek, hoor.

Toe kom ons by die pad wat afdraai na Wolvengat. Ons draai toe af en vat die grondpad vir 'n hele paar kilometers - wat glad nie ver gevoel het nie, want die groen van die lusern en die asemrowende geel van die kanola-lande vang ons oog. Dit was só mooi dat ons kort-kort moes stop om foto's te neem. Nou ja, na dié belewenis bereik ons toe ons bestemming: Wolvengat. Die klein ou dorpie is geleë in 'n gat tussen hoë heuwels, met 'n kerk, begraafplase, biblioteek, handelshuis, gemeenskapsaal en nog soveel meer om te ontdek.

Ons gaan loer toe in by die gemeenskapsaal, wat oorspronklik 'n kerk was en later omskep is in 'n saal, en wat tans deur 'n privaat eienaar besit word. Ek gesels toe met van die inwoners van die rustige plekkie, wat alte vriendelik by die “Wolvengat se stoepmark” bymekaar gekom het om van alles en nog wat te verkoop. My mêns, dit was nou lekker! Gans-Berg Nuus is met 'n heerlike koppie koffie en die allermintigste, sagste roomkoek verwelkom. Kie, was natuurlik besig om haarself te verloor tussen die items in die “charity shop”, soos altyd.

Ons het gesien, geproe en toe natuurlik genoeg gekoop dat almal by die huis ook kon proe - net genoeg dat hulle volgende keer self moet gaan loer. Daar was van juweliersware, kledingstukke, koffie, cupcakes, groente, ingelegte produkte, warm eetgoed en nog wat om aan te smul, terwyl jy heerlik sit, met die gemeenskap gesels en sommer nuwe vriende maak. Daar was mense van oral - Engels en Afrikaans, “locals” van Wolvengat self, Franskraal, Gansbaai, Bredasdorp, B'Bos en selfs mense wat onlangs van Pretoria af verhuis en hulle in ons rustige B’Bos omgewing kom vestig het. Julle, mens kan nie die gevoel van hierdie klein plekkie beskryf nie - dit moet jy self ervaar: van die reuk van die bome buite tot die geur van die ou houtvloere in die kerk. Toe is ons natuurlik braaf genoeg om die begraafplaas te gaan verken - grafte wat terugdateer tot omstreeks 1934, en ander wat só oud is dat die besonderhede op die grafstene al naamloos geword het.

Die gasvryheid van die “locals” wat die res van die gemeenskap wil betrek en 'n verskil wil maak in die dorp - wel, ek gee julle 10 uit 10! Gaan loer gerus elke tweede Saterdagoggend van 10:00 tot 12:30 in by Wolvengat. Hou ook Gans-Berg Nuus se Facebook, weeklikse koerant, TikTok en ons kanaal dop vir ons volgende avontuur.

Maak jou veters vas…

met Gans-Berg Nuus.

Maak jou veters vas... met Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles