FLIEKAAND BY LAERSKOOL GANSBAAI
Op Vrydagaand, 17 Oktober 2025, was Laerskool Gansbaai se leerders en ouers baie bevoorreg om die dokumentêre fliek, Shark Town, wat die storie van Gansbaai se haaie vertel, te sien.
Die fliek is in samewerking met Marine Dynamics Shark Tours gemaak en Hennie Otto van Marine Dynamics het sinvolle en interessante inligting met ouers en leerders gedeel. Hy het ook tyd afgestaan om vrae van leerders geduldig te beantwoord.
Baie dankie Hennie en Marine Dynamics vir jul betrokkenheid by ons skool en die Gansbaai-gemeenskap! Dankie dat jul ons die voorreg gebied het om hierdie ongelooflike fliek in ons eie skoolsaal kon sien!












