Krieket - O/11 and O/13
Op Woensdag, 18 Februarie, het ons O/11- en O/13-krieketspelers kragte gemeet teen Die Bron Primêre Skool.
Die wedstryde is in ’n vinnige en opwindende formaat gespeel - slegs 5 beurte per kant - wat vir lekker, kompeterende krieket gesorg het! Ons spelers het mooi saamgespan en waardevolle wedstrydervaring opgedoen.
Baie dankie aan Die Bron vir die wonderlike wedstryde en die uitstekende sportmangees wat deur die dag getoon is.
















