Mini-Krieketdag by Laerskool Bredasdorp op Saterdag 21 Februarie 2026
Ons o/7 tot o/9 spelers het met groot entoesiasme en sportgees deelgeneem. Daar was hope glimlagte, mooi houe, goeie boulwerk en sommer net lekker spanwerk!
Dit was vir elke speler ’n waardevolle ondervinding en ’n dag vol pret, met gelukkige trekkings en hope pryse wat gewen was.
Baie dankie aan elke speler wat deelgeneem het en julle beste gegee het.
Julle het ons trots gemaak!
Dankie ook aan al die ouers wat kom ondersteun het, julle aanmoediging maak ’n wêreld se verskil.
Baie dankie aan die BD’s wat hierdie heerlike dag gereël het.
Dis altyd 'n hoogtepunt op ons jaarlikse kalender.















