Valentynsweek 2026 by Laerskool Gansbaai
Wat ’n ongelooflike spesiale week vol liefde, lag en saamwees! Ons Valentynsweek was ’n groot sukses en dit sou nie moontlik gewees het sonder elke leerder, ouer en personeellid se betrokkenheid en bydrae nie.
Baie dankie aan almal wat gehelp het om die week so besonders te maak - van die pragtige uitrustings tot die opgewondenheid en positiewe gees wat oral gevoel kon word.
’n Spesiale woord van dank aan ons leerlingraad-ouers vir die besondere werk, moeite en ondersteuning. Julle betrokkenheid en harde werk maak ’n groot verskil en ons waardeer dit opreg.
Ons Neon Sokkie Vrydag was beslis ’n hoogtepunt! Die saal het gegloei in helder kleure en die energie was aansteeklik. Dit was wonderlik om te sien hoe ons leerders die tema met soveel entoesiasme uitleef.
Dankie vir elkeen se ondersteuning en bydrae om van Valentynsweek ’n groot sukses te maak. Ons Gansies weet beslis hoe om saam te vier!
















