
'n 1ste vir Laerskool Gansbaai
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is wat die beheerliggaam bystaan met die groot taak om agterstallige skoolfonds vir 2025 in te vorder. Die skool verwelkom Mev Chriszelda Collins, wat die taak tot uitvoer moet bring.
Hierdie poging is gemik daarop om 'n verhouding met ouers te bou, sodat dit nie nodig is vir die harde roete van "regstappe" nie.
Laerskool Gansbaai wens haar alle sterkte toe en bedank elkeen hierby betrokke wat hul samewerking gee wanneer hul gekontak word.
"Saam bou ons 'n beter toekoms vir elke Gansieleerder!"











