Februarie Tema - Gee lewe aan iets wat JOU ken
GANSVEER SKRYF-UITDAGING 10 FEBRUARIE
Vir ons volgende byeenkoms by Die Bakhuis nooi ons jou om ’n stem te gee aan iets wat JOU ken.
Skryf oor ’n voorwerp wat meer van jou weet as jyself - en as jy wil, dalk een wat terug praat.
Opdrag
Kies een alledaagse voorwerp
(’n sleutelbos, koffiebeker, skoene, handsak, kar, stoel, rekenaar, paplepel, pen, horlosie, selfoon…)
Laat die voorwerp (in jou skrywe)
* jou dophou
* kommentaar lewer
* iets raak sien wat jy miskyk
* en op een punt dalk terug praat
Reëls
Lengte tussen 3-4 minute se lees (kort, skerp, eerlike fantasie).
Kan speels wees.
Kan absurd wees.
Kan gevat wees.
Kan jou wel laat glimlag of droog laat sluk.











