Goedgesindheid

Goedgesindheid

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing:   Rom 12:9-21,  Gal 6:10

Onlangs ry ek  en my jongste seun op die Gautrein van Pretoria na Oliver Tambo. Ons is baie bewus ons is  in Johannesburg. Ons hoor mos van al die slegte dinge wat gebeur. Die trein stop by die voorlaaste stasie en ‘n vrou kla dat sy nie kan uitklim nie, want die deure gaan nie oop nie. Ek onthou hulle het gesê dit gaan gebeur. Sy is  half  paniekerig, wat nou gemaak. Almal om haar probeer haar kalmeer en vertel hoe sy moet maak. Sy moet maar deur te ry tot by die lughawe en dan die trein weer terug te vat. Vir ‘n oomblik tref dit my hoe welwillend almal was. Vreemdelinge wat so goedgesind was hier in grote Johannesburg  wat ook berug is vir misdaad.

Ek het die laaste tyd baie oor hierdie goedgesindheid, hierdie welwillendheid , hierdie medemenslikheid gedink.  En ek dink dat daar nog so baie daarvan bestaan tussen mense oor die algemeen.   Dit is tog baie meer as die slegte wat sommige mense, wat ek glo ver in die minderheid,  is met mekaar bedoel.  Ek glo tog dat dit dit uiteindelik die deurslag sal gee. Dat hierdie goeie gesindheid sal seëvier. Miskien moet ons meer daarvan vertel, meer daarvan maak in die lig van al die slegte wat ons hoor. En is ek oortuig dat dit veral ons as gelowiges se roeping is. . . om meer  daarvan te maak.

Ons het gelees van  hoe Paulus die gelowiges destyds aangemoedig het om vas te hou aan dit wat goed is, en dit wat sleg is te verafsku.    Ons het ook gelees van hoe hy hulle aanmoedig om goedgesind te wees teenoor alle mense. V9: “ Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg  is en hou vas aan wat goed is”.  V 17: “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense”.  Ons het ook gelees in Gal 6:10: “Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan die medegelowiges”.    Ook  2 Tess 3:13: “Wat julle betref broers:  Moenie moeg word om goed te doen nie.  Wie goed doen,  behoort aan God, wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie”.    Dink ook aan die teks in Gal 5:22 waar die  vrug van die Gees beskryf word en een van die vrugte van die Gees is goedhartigheid.    Ek het die afgelope week so bietjie gaan kyk na die woord goed , of goed doen, goedgesind wees en goedhartigheid. Dit hou alles verband daarmee om aan mense goed te doen meer as wat hulle eintlik verdien. Dus om mense nie te behandel volgens verdienste nie, maar om net dus goed te wees ter wille van goed wees.   Dit is die woordjie agathon. Om dit goed te bedoel met mense net ter wille van die liefde, nie oordat hulle dit verdien nie, maar net om dit goed te bedoel. Dink net weer aan v 9: “verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is”. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, wees goedgesind teenoor alle mense.   Die  apostel Paulus het hierdie  gelowiges aangemoedig om hierdie  goeie gesindheid teenoor almal in die openbaar te bewys. Mense moes dit kan sien,  dit moes  sigbaar wees vir almal. Om dit goed te bedoel met mense.

Toe ek so lees, toe besef ek dit is hoe God is.  Hy tree juis nie teenoor ons op volgens wat ons verdien nie, maar  is ons goedgesind,  Hy hou vas aan wat goed is, Hy doen aan ons goed ter wille van die liefde. Dink aan  Ef  2: 4: “Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word, maar God is ryk in barmartigheid en het  ons innig lief”. Kan net sowel lees God is ryk in goedheid. Paulus skrywe hier aan mense wat dink dat hulle God se goedheid verdien.   Hy skrywe dat hulle hul misgis.   Die enigste rede waarom God hulle nie in sy toorn oordeel nie, is dat  sy goedheid hulle tot bekering wil lei.   Dit is net omdat God dit met hulle goed bedoel.  God wil aan hulle baie meer skenk as wat hulle verdien. Hy is goedhartig.   Paulus vra dat ons hierin die Here se voorbeeld sal volg  en self ook goedhartig sal wees.  Dit goed sal bedoel met mense. Hulle dan  ook baie meer sal gun as wat hulle verdien . . . soos God met ons maak.  En daarom moet ons bid, bid dat die Here ons deur Sy Gees sal vervul sodat goedhartigheid ook deel van ons lewe sal wees. 

Nou is dit so nodig omdat hierdie  soort optrede, hierdie goedhartigheid, hierdie goedgesindheid teenoor alle mense so maklik deur die vrees dat mense nie ons goeie bedoelings sal verstaan nie,  uiteindelik in die wiele gery kan word.   Deur die vrees dat  mense misbruik kan maak daarvan.   En dat dit wel al gebeur het en weer kan gebeur is nie te betwyfel nie. En dat mense wat al so tweede gekom het deur die veragting van hulle goeie bedoelings deur ander, juis ten diepste net nie sover kan kom om met vrymoedigheid net weer  goed te wees nie. Ek wonder in hoe ‘n mate hierdie soort wantroue bestaan. Alhoewel die goedhartigheid wat ek daardie dag beleef het, nogal in Gauteng, my sommer moed gegee het. Ek  lees iemand skrywe in hierdie  verband: As mense  ons goedgesindheid verag, dan word dit verspeelde kanse in hulle lewe.  Dit is tot hulle eie nadeel as hulle ons  goedhartigheid minag of verkeerd vertolk  as bv swakheid, as hulle dit verontagsaam en nie daarop reageer nie.   Dit is lewensmoontlikhede wat God hulle deur ons wil skenk, maar wat hulle verwerp en verspeel.    Ons durf gevolglik nie by voorbaat sê dat ander ons goedheid sal minag, daarom gaan ons liewer nie goed wees nie.   Uit vrees dat hulle misbruik gaan maak vir die kanse wat ons hulle skenk, gaan ons hulle eerder geen kans gun nie, maar hulle van die begin af vasvat.  En as ons liefde en geduld by geleentheid gruwelik vertrap word, durf ons ook nooit sê dit was tevergeefs  en daarom sal ek dit nooit weer doen nie.   God het immers in Christus ook nie so gesê nie.  Dit is ‘n mondvol, maar dit is wel die goeie nuus van God se goedheid in Christus.  

In hierdie verband  skrywe  die persoon verder: Dat hierdie goedgesindheid  deur die  genade van God ook ‘n lewensveranderende krag kan wees.    Dit mag net ons bietjie hulp, ons bietjie aanvaarding, ons bietjie omgee wees wat die verskil maak tussen dood en lewe, tussen moedeloosheid en selfverwyt en nuwe lig en hoop.   Liefde is ‘n lewensveranderende krag. Kan dit wees!   As ons net dit wil beoefen in ons huise, ons verhoudinge en in ons samelewing.    Miskien is daar iemand hier in die kerk wat sal kan getuig watter verskil dit gemaak het toe iemand sommer net goed was. . . dat dit jou lewe verander het. Ek dink die vrou sou daaroor nagedink het toe hierdie vreemde mense so goedhartig was. Daarom gaan ons daarmee voort . . . om goedgesind te wees teenoor alle mense . . . daarom doen ons goed aan almal.

My gebed is vandag dat dit ons lewens sal kenmerk, dat ons goedgesind sal wees teenoor alle mense.    Dat ons goed sal doen aan almal, En dat die Here dit sal seën. Veral  die goeie uitwerking wat dit kan hê op ons verhoudinge onderling in ons land.  Ek sluit af met die volgende vers: “Laat julle lig so skyn voor die mense dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Goedgesindheid

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles