21 tot 23 September word die gemeente se 70 ste verjaardag met n heerlike fees gevier
n Voorlopige program is deur die Feeskomitee saamgestel
Vrydag 21 November 2014
Gemeentekonsert - Pretoriussaal
Ons gebruik ons eie talente in ons gemeente. Staaltjies van Gansbaai sal vertel word, prettige musiekuitvoerings en nog vele meer. Daar gaan ook lekker saam gesing en gelag word. Geen toegangsgelde word gehef, kry net vroegtydig kou kaartjie by die Kerkkantoor.( datum sal aangekondig word wanneer beskikbaar) Die Jeugbediening gaa verversings te koop aanbied
Saterdag 22 November 2014
Speletjies vir oud en jonk soos 70 jaar terug. Vure gaan brand en n bring en braai word gehou.
Wynproe sal in die Pretoriussaal gehou word, ook n wynveiling.
Sondag 23 November 2014
Erediens in Kerk
Lewensjaar Dankoffer gaan ingesamel word. Vir elke jaar van jou ouderdom plaas jy R1,00 in n koevert. Dit kan dan by die deure in houers geplaas word.
Sondagaand word die naweek afgesluit met ons jaarlikse Kerssangdiens. Na die diens geniet ons verversings in die Pretoriussaal wat deur die Vrouediens voorgesit sal word.