Feesnaweek

Feesnaweek

NG Kerk Gansbaai

Gedurende die naweek van 21 tot 23 November 2014 vier ons gemeente ons 70ste verjaardag.

Alle gemeente lede, besoekers, familie en vriende word uitgenooi om te deel in die heuglike gebeurtenis.

‘n Feeskomitee is saamgestel om ‘n feesprogram saam te stel en die bedrywighede te koördineer.

Ons het deurgans gepoog om uitgawes tot die absolute minum te beperk, ook  vir u as gemeente lede. Kom deel in die feesvieringe en dat ons daardeur ons Hemelse Vader dank vir 70jaar van gemeente wees, ongeag die omstandighede

Vrydag 21 November: Gemeentekonsert. Toegang is gratis. U moet wel vooraf ‘n toegangskaartjie kry, sitplekke in die saal is beperk. Die program word saamgestel uit plaaslike kunstenaars wat u sal laat skater van die lag en dalk ook met ‘n  traan sal  laat oor die nostalgiese herinneringe

Verversings sal te koop aangebied word deur die Jeugkommissie.

Saterdag 22 November: Speletjies vir oud en jonk soos 70 jaar terug onder leiding van Piet van Zyl. Kom deel in die pret en wen pryse. Vure gaan brand vanaf 10:00 vir n bring en braai en gesellige saam kuier. Kontak asseblief u streekkoördineerder indien u dit wil bywoon sodat ons n aanduiding kan hê van hoe groot die vure moet wees.

Koördineerders: De Kelders : Hannes Cilliers sel 083 977 443, telnr 028 3841398

Gansbaai: Henk Smit tel nr  028 3841129, sel 083 3866076

Franskraal : Chris Eygelaar sel 082 4952668

Kleinbaai : Nico le Roux. Sel 082 9263361, telnr  028 3840462

Baardskeerdersbos : Johan van Dyk sel 087 8078079/ 082 0506728

Pearly Beach Petrus du Preez: tel nr 028 3819616, sel 082 5645259

Gedurende die naweek sal n oulike en handige wynsak met n plaaslike tema teen R30.00 te koop aangebied word.

Sondag 23 November: Erediens in die kerk. Geen dienste in die buite wyke nie. Al drie ons leraars is betrokke by dié diens. 

‘n Feeslied is vir die geleentheid geskryf deur Aletta Lochner. Ons oefen nou reeds aan die lied en die amptelike "ingebruikneming" sal gedurende die erediens geskied.

Die kerkhorlosie en klok wat nou al ‘n geruime tyd stil is, word ook die oggend weer inwerking gestel.

‘n Lewensjaar dankoffer sal  opgeneem word. Vir elke jaar van jou ouderdom plaas jy R1.00 in n koevert wat verskaf sal word. ‘n Houer sal by deure geplaas word waarin dit geplaas kan word. Niemand is onder enige verpligting nie, maar elke bydrae sal waardeer word. Lees gerus weer die gedeeltes in Markus 12:41-44 en Lukas 21:1-4

Sondagaand word die naweek afgesluit met ons jaarlikse Kerssangdiens.Na afloop van die diens kuier ons nogeens saam in die Saal. Verversings sal deur die Vrouediens voorgesit word.

Oud en jonk, kom geniet die naweek saam met ons, ons dank die Here vir 70 jaar van genade! Soli Deo Gloria!

Feesnaweek

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles