Ek wil die Here loof

Ek wil die Here loof

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing: Psalm 103

Teks: “Ek wil die Here loof; met alles wat in my is, wil ek Sy heilige Naam loof; ek wil die Here loof en nie een van Sy weldade vergeet nie”.

(OV; “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, Sy heilige Naam; loof die Here o my siel, en vergeet geen een van Sy weldade nie”.

“Bless my soul, the Lord, my innermost heart, bless Thy holy Name; bless the Lord my soul, and forget none of His benefits; forget not all His benefits”;

“ik dank de Heer, ik dank Hem – uit de grond van mijn hart; dank aan de heilige God , geen van zijn weldaden zal ik vergeten”).

‘n Groot aantal groot teoloë beskou Psalm 103 as die grootste Psalm in die Psalmboek.

Psalm 103 word genoem “die kroon van die Psalms”; Spurgeon: “The prince of the Psalms”.           

En dit sê baie, nie waar nie? – gegee: al die grootse Psalms wat ons in die Psalmboek het.

Ek dink sommer:

Psalm 23?

Psalm 121?

Psalm 73?:

Psalm 18?

Psalm 146?

(en ons sou die lysie kon langer maak …).

Psalm 103 is ‘n dankpsalm, ‘n lofpsalm …

“Meditating on the Lord’s goodness”;

Dink na oor die Here se oneindige goedheid.

Wat merkwaardig van die Psalm is, is dat die Psalmis dank en lof aan God bring terwyl hy in gesprek is met homself …  'n binnegesprek met sy siel.

En merkwaardig is dat die psalmis homself/ sy siel oproep om nie te vergeet nie …; ja, om nie te vergeet nie – “moenie vergeet nie”; “forget not …”.

Die storie agter die Psalm:

‘n Man wat op ‘n stadium in sy lewe omdraai en terugkyk oor sy lewe, sy lewenspad;

die pad wat hy tot daartoe gekom het (retrospeksie). 

waarskynlik laat in hierdie man se lewe … ‘n bejaarde man … gevorderd op sy pad – daar lê ‘n lang pad agter hom, ‘n ver pad … (en voor hom: nog ‘n entjie, hoe lank nog ?)

‘n lang pad, ‘n ver pad, met vele herinneringe: gebeure en ervaringe …;

tye van lief en leed, voorspoed en teenspoed; gesondheid en siekte; lag en traan; vreugde en smart; blydskap en droefheid … 

(iemand praat van die Psalmis as die “ou man, die gryse, op sy kierie”: hy staan op sy kierie en kyk terug …)

En terwyl hy so terugkyk oor sy pad – sien hy …

Die crux van die Psalm - Wat? Hy sien vir God … vir God oral in sy tye … vir God oor die hele pad betrokke by  lewe -

Hy sien ‘n barmhartige en genadige God; God van grootse liefde, ontferming, lankmoedigheid, goedertierenheid;

God – in al die tye van sy lewe, oor al die dae van sy lewe – getrou: God vir my …; God in Sy goedheid vir my.

(die ou Hallejaboek se lied: “tel jou seeninge” … hy tel “die weldade” van God … Gods weldaad in meervoud ..)

En hy is ontroer – en: hy spreek sy siel aan!

“My siel, moenie vergeet nie!”; My soul, forget not!”.

 “My siel, waarlik …” kyk en sien en bedink dit: daar is soveel om vir die Here God voor dankie te sê!

“Daar is soveel dank en soveel lof om aan die Here God te bring”.

Ons tema vir hierdie maand (November) is “dankbaarheid”. Om hieroor te praat en hieroor na te dink in die gemeente.

Vir vanoggend:

Een: Plaas Psalm 103 as ‘n soort matrix oor ons eie lewensverhale …

As ‘n bril – om vir God raak te sien in jou verhaal -

Al God se weldade ..;

Breek jou jare af in tienjaar-tye: eerste tien jaar van jou lewe; tweede tien jaar van jou lewe … tot waar jy nou is (dalk die sewende of agste tien jaar)

Twee: Iemand sê “We have a long memory when it comes to our hurts, sorrows, burdens. But a very short memory when it comes to recalling the good …”

Nog iemand: "baie mense is soveel beter met kla(g) as met dank(segging); met klag as met lof."

Klaers: “complainers, moaners, groaners”

Drie: iemand maak die punt: “die verskil tussen gelukkige en ongelukkige mense – is die vermoë om te kan dankie sê: ‘n dankbare hart … (“happy and unhappy people – a thankful heart”). “It is not happy people that are thankful, it is thankful people who are happy”.

Vier: Die geloof het ‘n oog wat kan raaksien – dat juis in die minder goeie tye van my lewe, tye van leed, beproewing, traan, God vir my goed was; God Sy goedheid op ‘n uitsonderlike wyse aan my betoon het: God-vir-my was .

Vyf: Dit is merkwaardig: hoe sterk die lyn van God se vergifnis in die Psalm loop … die vergifnis van my sonde en my ongeregtighede.

God se troue liefde – God se goedheid ondanks … ten spyte van …

Ses: Die moeilikste wiskunde om onder die knie te kry, is die wiskunde wat ‘n mens help om jou seëninge te kan tel. 

Sewe: Geluk kom by die die deur van die hart binne: die deur wat deur die sleutel van dankbaarheid oopgesluit word.

Agt: “Here, U het al so baie vir my gegee … U gee elke dag … gee vir my net nog een ding: ‘n dankbare hart.”

“If the only prayer you said in your whole life was ‘thank You’, that would suffice. Just a ‘thank You’ is a mighty powerful prayer”.

(“The struggle ends when the gratitude begins”).

“Dear God, I wanna take a minute. Not to ask anything from You. But simply to say thank You. For all I Have”.

Ek wil die Here loof

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Meet Pretty: A Green Entrepreneur in Pearly Beach

Meet Pretty: A Green Entrepreneur in Pearly Beach

Come along on a special trip with us and meet Pretty, a hardworking entrepreneur from Pearly Beach. 

Grootbos Foundation
Plant Learning, First Aid, and HIV Awareness

Plant Learning, First Aid, and HIV Awareness

Here's what's been happening with our students.

Grootbos Foundation
Earth Rangers: Coastal Cleanup Initiative

Earth Rangers: Coastal Cleanup Initiative

Our Sports for Good program, Earth Rangers, is all about protecting our coastal areas. 

Grootbos Foundation
4 Signs It's Time to Move

4 Signs It's Time to Move

Here are four signs that it might be time to make a move.

News Hut May 2024

News Hut May 2024

We're thrilled to share updates, news, and highlights from The Computer Hut, your local internet service provider.

The Computer Hut
Draft Budget Meeting May 2024

Draft Budget Meeting May 2024

Catch up on the latest discussions and decisions made at the recent meeting of the Pearly Beach Ratepayers' Association. 

See All Articles