Feesnaweek

Feesnaweek

NG Kerk Gansbaai

Gedurende die naweek van 21 tot 23 November 2014 vier ons gemeente ons 70ste verjaardag.

Alle gemeente lede, besoekers, familie en vriende word uitgenooi om te deel in die heuglike gebeurtenis.

‘n Feeskomitee is saamgestel om ‘n feesprogram saam te stel en die bedrywighede te koördineer.

Ons het deurgans gepoog om uitgawes tot die absolute minum te beperk, ook  vir u as gemeente lede. Kom deel in die feesvieringe en dat ons daardeur ons Hemelse Vader dank vir 70jaar van gemeente wees, ongeag die omstandighede

Vrydag 21 November: Gemeentekonsert. Toegang is gratis. U moet wel vooraf ‘n toegangskaartjie kry by die kerkkantoor, sitplekke in die saal is beperk. Die program word saamgestel uit plaaslike kunstenaars wat u sal laat skater van die lag en dalk ook met ‘n  traan sal  laat oor die nostalgiese herinneringe. Plaaslike kore sal in aksie wees. Plaaslike storie vertellers soos SD Fourie, Johan de Villiers en  Andre Moolman gaan opttree. Die B.Bos orkes en Eddie Barnard tel onder die musiekmakers gedurende die aand. ‘n Hoogtepunt van die aand  behoort ‘n uitreksel uit die gewilde Sneeuwitjie en die sewe dwergies te wees.

Verversings sal te koop aangebied word deur die Jeugkommissie.

Saterdag 22 November: Speletjies vir oud en jonk soos 70 jaar terug onder leiding van Piet van Zyl. Kom deel in die pret en wen pryse. Vure gaan brand vanaf 10:00 vir n bring en braai en gesellige saam kuier. Kontak asseblief u streekkoördineerder indien u dit wil bywoon sodat ons n aanduiding kan hê van hoe groot die vure moet wees.

Koördineerders: De Kelders : Hannes Cilliers sel 083 977 443, telnr 028 3841398

Gansbaai: Henk Smit tel nr  028 3841129, sel 083 3866076

Franskraal : Chris Eygelaar sel 082 4952668

Kleinbaai : Nico le Roux. Sel 082 9263361, telnr  028 3840462

Baardskeerdersbos : Johan van Dyk sel 087 8078079/ 082 0506728

Pearly Beach: Petrus du Preez: tel nr 028 3819616, sel 082 5645259

Gedurende die naweek sal n oulike en handige wynsak met n plaaslike tema teen R30.00 te koop aangebied word.

Sondag 23 November: Erediens in die kerk. Geen dienste in die buite wyke nie. Al drie ons leraars is betrokke by dié diens. Die boodskap sal deur Dr Bobo van Zyl gelewer word.

‘n Feeslied is vir die geleentheid geskryf deur Aletta Lochner. Ons oefen nou reeds aan die lied en die amptelike "ingebruikneming" sal gedurende die erediens geskied.

 ‘n Lewensjaar dankoffer sal  opgeneem word. Vir elke jaar van jou ouderdom plaas jy R1.00 in n koevert wat verskaf sal word. ‘n Houer sal by deure geplaas word waarin dit geplaas kan word. Niemand is onder enige verpligting nie, maar elke bydrae sal waardeer word. Lees gerus weer die gedeeltes in Markus 12:41-44 en Lukas 21:1-4.

‘n Gedenksteen word na die diens onthul.

Sondagaand word die naweek afgesluit met ons jaarlikse Kerssangdiens.Na afloop van die diens kuier ons nogeens saam in die Saal. Verversings sal deur die Vrouediens voorgesit word.

Feesnaweek

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles