Gansbaai Classic Golf Day - 27 Dec

Die Gansbaai Classic is die grootste gholfdag van die jaar.

Die R400 per speler sluit in: 'n Goodybag by die insrywing, Heerlike ontbyt  na 9  gate (vir die middagveld sal voorsien word) en op Knersvlakte 'n natgat vir die manne wat dors is of om die swak gholf "beter" te laat lyk.

Die spitbraai later in die dag is om van te droom.  Dan die prysuitdeling.  Pryse galore!!!!!

Alle besprekings word deur die klub gedoen. Daar is 'n oggend en middagveld.

"Preferred drive" is gekies om die veld te laat vloei.  

Kom geniet die dag, die gholf (ons greens is die beste), die geselskap en die vriendelikheid waarmee julle ontvang sal word, en wen jy 'n prys is dit 'n bonus. 

Classic low res