Proses in Gemeente t.o.v.wysiging van Art. 1 van die Kerkorde

Proses in Gemeente t.o.v.wysiging van Art. 1 van die Kerkorde

NG Kerk Gansbaai

NG Kerk Gansbaai : Stem oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde.

Waaroor gaan die proses?

Die Algemene Sinode het reeds in 1998 besluit dat die inhoud van die Belydenis van  Belhar nie met die Skrif in stryd is nie en het toe ook die inhoud van die Belydenis van Belhar aanvaar.

In 2011 besluit die Algemene Sinode dat die Belydenis van Belhar op kerkordelike  wyse deelgemaak moet word van die belydenisgrondslag van die NG Kerk. In 2013  besluit die Algemene Sinode dat die gepaste manier om dit te doen sal wees om Kerkorde Artikel 1 soos volg te wysig:

Voorgestelde nuwe Artikel 1

1.1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.

1.2 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in

1.2.1 die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die

Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en

1.2.2 die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die

Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreels.

1.3 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.

1.4 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ’n uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

Die sinode wil graag toesien dat die kerkordelike bepalings noukeurig nagekom sal  word soos in Kerkorde Artikel 44.1 asook in Reglement 24 voorgeskrywe word. Daarom word gemeentes nou versoek om oor hierdie voorstel te stem.

Die stemproses in ons gemeente:

22 Januarie 2015 - Kerkraadsvergadering doen aanbeveling oor Artikel 1

25 Januarie, en 1,8 en 15 Februarie - Aanbeveling van Kerkraad word aan die gemeente deurgegee

18 Februarie  om 18:00 - Inligtingsessie

19 en 20 Februarie - Stemming deur die gemeente

Die stemlokale sal soos volg wees: Streek Baardskeerdersbos – B.Bos saal,  

Streek  Pearly Beach – Pearly Beach Saal,

Streke De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai en   Franskraal –    Pretoriussaal.

Tye sal later aangekondig word.

24 Februarie - Kerkraadsvergadering om besluit te neem plus die tel van die stemme

1 en 8 Maart - Besluit van kerkraad word aan die gemeente deurgegee vir goedkeuring.

Indien geen beswaar teen die proses gemaak word nie, word die besluit aan die Ring gestuur.

Opmerking: Dit is baie belangrik dat hierdie proses sal plaasvind in die gees van gebed, wedersydse respek en liefde.

Vir enige navrae kan die leraars gekontak word.

Proses in Gemeente t.o.v.wysiging van Art. 1 van die Kerkorde

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles