Niks is vir God onmoontlik

Niks is vir God onmoontlik

NG Kerk Gansbaai

Skrif:  Hand 2:22-36

 Vraag:    Glo ons dat mense en dinge kan verander?

Baie jare gelede sou ‘n joernalis vir ‘n teoloog vra of sy glo dat mense of omstandighede kan verander. Haar antwoord was om nie te glo daarin nie,  is dieselfde as om nie in God te glo nie. Want by God is alles moontlik. God kan nog iets doen daar waar dit lyk  niks meer kan verander nie.

Ons lees in die Bybel van Sy mag om iets te skep uit niks,  Sy mag om kinders te verwek uit verstorwe liggame  en Sy mag om lewe te skenk in ‘n situasie van doodsheid.    Dit is God se mag. Dink maar net aan die geboortes van kinders in die Bybel.   Dit is opvallend hoeveel daarvan geboortes uit onvrugbare huwelike is  waar dit as ‘n ware reeds te laat is en dit  menslik gesproke nie meer by magte is om kinders te hê nie,  of soos Maria nog nie te magte is om kinders te hê nie.   Dan is dit veral opvallend hoe daar gevra word . . . sou iets dan vir God onmoontlik wees, sou Hy dan nie by magte wees nie.   Dink aan die woorde van die engel, Lukas 1:36,37, Sou Hy dan nie lewe kan skep nie.    In hierdie verband lees ons in Romeine 4 wat vertel van Abraham wat teen alle waarskynlikheid, teen alle moontlikhede in geglo het dat die Here nog lewe kan gee waar dit  oënskynlik te laat is.  Ons lees in Rom 4:17: Dit is hy in die oë van God in wie hy geglo het, God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord.   Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte:  So sal jou nageslag wees.   Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof  nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel  aan die belofte van God nie,   maar hy is in sy geloof versterk  en het aan God die eer gegee.    Daarom sou geloof ook  beskryf kan word  as om te bly reken met God wat by magte is om ‘n situasie van menslike magteloosheid en hopeloosheid te verander in lewe. 

En nou is dit so dat v 24 veral dít wil beklemtoon  veral deur klem te lê op die opstanding van Jesus.  As daar nou een feit is wat dit bevestig , dan is dit die opstanding van Jesus.   Dink weer aan die woorde van vers 24 vers:  Die mag van die Here is sterker  as die mag van die dood.   Dit was vir die dood onmoontlik om vir Jesus vas te hou.   Die dood was nie by magte nie.  ‘n Mens moet dit mooi verstaan. Dit staan daar teen die agtergrond van die voorstelling in die Bybel van die geweldige mag van die dood. Die dood as versamelnaam van alle magte wat ons bedreig. Die dood wat die einde van ons pad is hier. Die dood as die mag van sonde. Hy is losgeruk en verklaar as Here en Christus.  Hy sit nou aan die regterhand van God  en is lewend en heersend in ons lewe oor alle magte wat ons bedreig en waaraan ons voel uitgelewer blyk te wees.   Die teks in Kol 1:13 bly darem altyd merkwaardig in hierdie verband:Hy het  ons uit  die mag van die duisternis weggeruk en ons in die heerskappy van Sy Seun geplaas. Hy is nou die Here van hierdie wêreld en van ons lewens.    Daarom is Hy vandag ook in staat om ons hopelose situasies te verander  in lewe.

Ek lees die volgende artikel  met die opskrif Sondagmense. Wat beteken dit om Sondagmense te wees? Dit beteken onder meer dat Christene hoop het en leef soos  mense met hoop. Sondagmense dink nooit dit is te laat nie. Hulle glo nie dat dat daar ooit ‘n stadium aanbreek wanneer ‘n mens moet sê: Nou kan niks meer gedoen word nie. Nou is alles veby en verlore, die probleme is te groot , die mislukkings te finaal nie. Hulle leef  immers van die beloftes dat die finale vyand veslaan is, dat die bedreiging , donker en dood nie die laaste sê het nie. 

Die eeue het getoon dat die hoop  baie, baie prakties kan word . Jy kan daaraan vashou in die aangesig van wat ook  al.   Persoonlike teleurstelling, gebroke verhouduings, ontstellende tyding, verskriklike  statistiek, grusame berigte , grootskaalse ellende, watter krisis, watter ellende ook al, noem hulle  maar op, sou die persoon skrywe met vandag se name. In die jare voor die val van die Berlynse muur, het die Duitse kerk bely die hoop leer loop . Dis nooit te laat nie.  Die belofte dat die bose dood en bedreiging nie die laaste sê het nie  in God se wêreld nie, maak dat ons altyd weer  iets het om te dink, te sê,  te droom. Hoe waar is dit nie. So verander  Hy die finaliteit van die graf  in ‘n poort na die lewe.   Wanneer die dood kom is dit nie die einde van die pad nie, maar word dit  ‘n poort na die lewe saam met die Here. 

Dit bly altyd vir my aangrypend hoedat die apostel   Paulus skrywe in 2 Kor 5 oor die dood wat op grond van die opstanding van Christus nou ‘n verhuising is. Dit is soos ‘n tent wat afgebreek word en vervang word met ‘n woning in die hemel wat vir ewig staan.  Die dood kan nie keer dat daar ‘n lewe saam met die Here is nie.  Daarom kan die apostel Paulus dan ook in 1 Kor 15 die volgende skrywe: die dood  is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood waar is jou oorwinning, dood waar is jou angel.  Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.   Geloof is dan ook om wanneer ons voor die dood te staan kom, dit te kan doen met die wete dat ons dan met die mag van die Here rekening  hou, wie se mag sterker is as die dood.   As siekte en gepaardgaande dood dreig om mense wanhopig te maak, dan is die troos,  die troos van die dood wat nie vir Jesus kon vashou nie en daarom ook nie vir ons kan vashou nie.

 Maar op grond van Sy opstanding: Dink aan verhoudinge wat sleg blyk te wees tussen mense. Dink aan vyandskap, dink aan slegte huweliksverhoudings. Op grond van Sy groot mag, op grond van die opstanding van Jesus uit die dood, kan Hy dit verander.   Dink aan mense wat vasgevang is in sonde, verslaaf is .Op grond van die mag van die Here  soos bevestig deur die opstanding, kan Hy mense verander ten goede. . . kan ons steeds daarvoor hoop.   Hy kan mense se lewens verander . Hy kan ‘n einde maak aan onreg, geweld. Ons moet daarmee bly reken. . . dit is geloof.

 Die opstanding is die bevestiging van die mag van die Here.   Christus is die inhoud van die apostoliese getuienis  en die fondament van die geloof van die kerk.  Die oop graf in die tuin van Josef van Arimathea twee duisend jaar gelede is die rede waarom die kerk glo dat alle dinge by God moontlik is.   Daarom vier ons elke Sondag die opstanding van Jesus. Dit is die grootste fees in die kerk.  Want dit is die dag waarop God finaal die oorwinning behaal het oor die magte .   Niks is nou meer by Hom onmoontlik nie.  Geen situasie is nou so hopeloos dat Hy dit nie kan verander nie.  Ons lewens is nou in Sy hande.   Ons hoef nie meer uitgelewer te voel nie. Christus is die Here.

Niks is vir God onmoontlik

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Have you noticed any peeling paint in your home? 

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Upgrade your space, one swatch at a time, with our Premium Satin Silk.

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Looking to tackle a paint project but not sure where to start?

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

Gans-Berg Nuus / News
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Creative Notions
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Bernina Overberg
See All Articles