Die toekoms - is die kerk daar? (70-jarige feesdiens)

Die toekoms - is die kerk daar? (70-jarige feesdiens)

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing: Efesiers 1 verse15 – 23; Efesiers 2 verse 1 tot 10; Efesiers 3 verse 7 tot 21

Teks: Ef. 2 vers 7: “sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot Sy genade is deur die die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het …”.

Die toekoms – is die kerk daar? Sien ons die kerk daar - in die toekoms?.

Geliefde gemeente

Ons vier  vanoggend die sewentigjarige bestaan van ons gemeente (die NG Kerk van Gansbaai) met hierdie feesdiens.

En ons sou die vraag vanoggend as volg kon vra: Die toekoms –  is ons daar? Sien ons vir ons in die toekoms … oor tien jaar?, oor twintig jaar, oor dertig jaar?; oor nog sewentig jaar? Sal ons steeds hier wees - ‘n NG Kerk Gemeente in Gansbaai?: met leraars (of ‘n leraar), ouderlinge en diakens, lidmate?; met ‘n kerkgebou met ‘n kansel, met ‘n doopvont, met ‘n nagmaalstafel ?

Maar die groter vraag vanoggend: die toekoms – sal die kerk daar wees as hierdie kerk (die kerk van ons teks!): d.i hierdie kerk wat laat sien hoe geweldig groot die genade van God is …?.  (Ou Vertaling”die uitnemende rykdom van Sy genade”); (King James: “the exceeding riches of His grace”  ) (nog ‘n Engelse vertaling: “the immense resources of His grace”). Ja, met die toekoms in ons oog, vra ons: Sal hierdie kerk daar wees?

Hierdie kerk wat in die wêreld van die dag, die samelewing van die dag, hierdie boodskap uitdra en vergestalt: die evangelieboodskap van hoe geweldige groot die genade  van God is ...

(die beeld in ons teks – wat die gedagte aan die geweldige groot genade van God onderlê (die uitnemende rykdom van God se genade), is die beeld van ‘n skatkis, ‘n beurs wat nie leeg kan raak nie … ‘n skatkis, ‘n beurs so groot, so diep dat dit nie leeg kan raak nie …; ‘n beurs wat altyd met genoeg genade gevul is).

Sal hierdie kerk daar wees – in die toekoms?

 Dit is nou al reeds ‘n hele klompie jare gelede het ons in ons gemeente besluit op hierdie visie vir ons gemeente-wees: “Gansbaai NG Kerk: “‘n Hawe van God se genade”.    

Ons het op hierdie visie besluit omdat ons dit só verstaan : dat die bestaansrede vir die kerk van Jesus Christus die verkondiging/ proklamasie van hierdie boodskap in die wêreld is: die evangelieboodskap van hoe geweldig groot die genade van God is.

Ons het op hierdie visie besluit omdat ons dit só verstaan: dat die waarmerk vir die kerk van Jesus Christus dit is: dat dit ‘n kerk is wat hierdie boodskap in die wêreld verteenwoordig … in leer en in lewe …

Ons het op hierdie visie besluit omdat ons verstaan: dat die bestaansvoorwaarde vir ‘n kerk as die kerk van Jesus Christus dit is: dat dit diensbaar is aan hierdie boodskap …

Genade… genade … God se genade … God se genade … God se geweldige groot genade … God se geweldige groot skatkis/ beurs – gevul met genade.

Vir vanoggend het ek rondom die “genade” van ons teks – die genade wat God betoon/ skenk in Christus Jesus  ‘n paar gedagtes aangeteken:             

Genade gooi die net wyd uit … oor alle grense in ons samelewing – sosiale, ekonomiese, politieke grense van geslag, ras, taal en volk; genade maak ons gelyk: ryk en arm, koning en kneg, Griek en Jood …

En die genade skep ‘n vrede wat die wêreld nie ken nie …

Genade trek sy eie grense: genade roep slegs na sondaars … genade kan net sondaars vind, sondaars ontvang.  

Genade word ontvang met ‘n leë bakgemaakte hand. Die geloof wat met genade korrespondeer, is die erkenning dat ek ‘n sondaarmens is … totaal verlore in my verhouding met God …;  die geloof wat met genade korrespondeer is ten diep(ste) ‘n hulpgeroep: “O, God, wees my, sondaar genadig! …o, Christus, red my!”

Die genade wat God met die hande van die gekruis uitdeel, is kruisgenade: dit is gratis! verniet! …; maar dit is gratis, verniet omdat Jesus so duur daarvoor betaal het.

Genade kan nie met menslike verdienste geplus word nie; sodra genade met menslike verdienste geplus word, hou dit prinsipieël op om genade te wees.

Genade is genade juis omdat dit geen verdienste van die mens vereis nie. Genade is genade juis omdat dit 100% genade is vir die 100% onverdienstelike mens.

Die evangelie van die genade van God het as kruiskant die die donker boodskap van die totale verdorwenheid van die mens … die mens wat in totale onvermoë is om homself in sy verhouding met God te kan red; die boodskap dat die mens as ‘n totaal verlore sondaar vir sy redding in sy verhouding met God, niks kan bydra nie, geen bydrae kan lewer nie, daar geen aandeel kan hê nie.  

Genade kan die grooste sondaar red. Vir genade is niemand ooit te ver, te diep weggeval in verlorenheid nie.

Genade skryf niemand ooit af nie.

Die genade wat God in Christus skenk hou nooit op soek nie.  

Die genade wat God in Christus skenk, is onweerstaanbaar … vir die hart aan wie se deur die Heilige Gees klop … die Heilige Gees wat die sondaar aan sy Verlosser bekendstel.

Genade is belediging vir ‘n hoogmoedige hart.

Genade is aanstoot vir die die wat in hulle eie oë regverdig is.

Genade is dwaasheid vir die religieuse mens in wie se hemel daar net plek vir die godsdienstig verdienstelike mense is. Hulle wat die hemel as loon verdien vir hulle  godsdienstige goeie werke.      

Grace is so un-American: Grace is scandalous. Grace is blatphamy. Imagine is a God embracing sinners … Such a God is my devil.   

But my devil seems to be so glorious for Christians.

I am ok with a God who let me have a share in my salvation … and thus giving me a bit of credit … a littel pat on my shoulder … and a little bit of boastingright with my neighbour.    

Genade maak van ‘n druppeltjie doopwater, ‘n krummeltjie nagmaalsbrood, ‘n slukkie nagmaalswyn genoeg – genoeg belofte aan vrede by God om ‘n siel tot ewige lewe te voed. 

Wie in die ry kom staan vir genade uit die skatkis/beurs van God, sal nooit teleurgestel word nie. Nimmer sal iemand wat in die ry kom staan vir genade uit die beurs/skatkis van God, teleurgestel word omdat hy/sy vind dat daar nie uit hierdie beurs/skatkis ook vir my genade is nie … ook vir my genoeg genade is nie. 

Sal hierdie kerk daar wees – in die toekoms?

Die kerk wat in hierdie genade roem?

Ek sluit met hierdie gebed – uit gebede vir bejaardes

Here God

Ek dank U vir hierdie evangelie in my lewe …

Wat hier

In die pylvak van my lewe

Die laaste treë na die eindstreep toe …

Vir my werklik betekenis gekry het:

Die evangelie van God se genade vir ‘n sondaar.

Die evangelie van lewende hoop vir die hooplose.

Here God

Agter my lê‘n lewe waarin die sonde die goeie werke verreweg oortref

Sou U aan die einde van my lewe

My moes oordeel na die maat van my geleefde lewe se godsdienstige verdienstelikheid –

Hoe gans verlore sou ek wees!

Ek dank vir die genade van die volkome vergifnis van my sonde

Op grond van Christus se soenverdiente.

Ek dank U vir die genade dat U ‘n strafwaardige sondaar aangeneem het as U kind, om Christus ontwil.

Ek dank U vir die genade dat ek kan sterwe as begenadigde sondaar

En erfgenaam van die heerlikheid van God.

Ek loof U!

Amen.

  

Die toekoms - is die kerk daar? (70-jarige feesdiens)

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles