Karate Gradering

Die SA JKA Karate klub, Hermanus, het op Dinsdag, 23 Junie 2015 hul gradering gehad vir al die Gansbaai karate deelnemers.

Al die deelnemers het geslaag en sertifikate ontvang. Gradering is gedoen vanaf geel gordel vir beginners tot pers gordel, wat meer senior is.

Die rangorde vir die verskillende gordels is geel, oranje, groen, blou, pers, rooi, bruin en uiteindelik swart. Vir elke kleur gordel word daar twee keer gegradeer, met die uitsondering van bruin en swart.

Op die foto verskyn al die gegradueerdes met hulle leermeester, Sensei Ronnie Knot (5de dan swart belt) regs agter en Senpai Anthony (senior bruin gordel) links agter.

IMG_20150623_153009_1_1