Agtergrond van die Gansbaai Boek

Agtergrond van die Gansbaai Boek

Die Gansbaai Gedenkboek

Gansbaai en omgewing is geseënd met ‘n ryke kultuur-historiese geskiedenis. Dit is so kosbaar dat, indien dit vir die nageslag verlore sou gaan, hulle van ‘n erfenis ontneem sou wees. 

Dit het meer as vyf jaar gelede ‘n groepie inwoners genoop om ‘n komitee te stig met die doel om namens die gemeenskap die geskiedenis te boekstaaf. ‘n Bekroonde skrywer, SD Fourie en haar man, Jan, is genader om die boek saam te stel. ‘n Artikel 21 maatskappy is gestig en die skryfwerk is in alle erns aangepak. Nou, na meer as vyf jaar, is die manuskrip voltooi en aan die redigeerder oorhandig vir die finale afronding.

Ek was bevooreg om die manuskrip te kon lees. Dit het soveel emosies gaande gemaak oor die swaarkry en ook die lekkerkry van ons voorouers, hulle wat hulle toekoms hier gesoek het. Die meeste van hulle het vir en van die see geleef. Nadat ek dit gelees het, het ek opnuut onder die indruk gekom dat talle name en vanne van mense wat tans in die omgewing woon, hulle wortels hier het. Die skrywers het op die voetspore geloop van hulle wat hier gewoon het.  Die boek is ‘n juweel in woorde. Sonder dit sou ons almal armer gewees het.

Hierdie boek word eintlik aan julle opgedra met die versoek dat julle dit aan julle kinders en almal wat die omgewing met mekaar deel of gedeel het, nalaat. Dit met die wete dat as ‘n mens nie weet waar jy vandaan kom nie, jy ook nie sal weet waarheen jy gaan nie.

Pieter Scholtz
(Voorsitter : Gedenkboek komitee)

Agtergrond van die Gansbaai Boek

The Gansbaai Book

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense - Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense. Bespreek een van die eerste 250 getekende eksemplare by die Gansbaai Toerisme Bureau: 028 384 1439 of glenda@...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles