Seestrome 2015: Bediening van God se Woord in ons gemeente

Seestrome 2015: Bediening van God se Woord in ons gemeente

NG Kerk Gansbaai

Die kansel en die gepredikte Woord.

In ons geloofstradisie - Protestants, Gereformeerd - staan die kansel sentraal in ons kerke. Vir ons is die hart van kerk-wees dat ons die Woord van God het - ‘n Evangeliewoord wat God se oorvloedige genade vir sondaarmense as belofte gee: genade (ook vir die grootste sondaar) wat God met die hande van die Gekruisigde, Jesus ons Christus, uitdeel.

In ons geloofsgemeenskap lees ons die Bybel saam, oordink ons die Woord, help ons mekaar om die Woord (sê: die Belofte) in ons lewens te integreer. Ons grootste honger is na God se Woord, ons groot versugting en gebed: dat die Woord ons ganse lewens sal rig. Die gepredikte Woord is by ons, is ook God se Woord. Om presies te wees: die gepredikte Woord wat werklik Woord is, God se Woord is, Waarheid is . . . (en nie blote mensewoorde nie). Die uitdaging wat aan die gepredikte Woord gestel word,  is dat dit suiwer en waar moet wees . . .

Dit is merkwaardige woorde van Paulus wat in die Bybel staan: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie, as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom (lees dit: klim ek Sondae op die kansel om te preek). Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God” (1Korintiërs 2).

Die gepredikte Woord is dikwels maar vol menslike swakheid, maar vir die geloof het dit krag - die enigste voorwaarde: dat dit die Evangeliewoord sal wees.

Ons ken dalk al die ou grappie: Die dominee se seuntjie vra die Sondag in die kerk vir sy ma wat langs hom sit: “Mamma hoekom bid Pappa elke keer daar op die trappies voor hy opklim?” Sy ma antwoord: “Boeta, Pappa vra dat die Here hom tog moet help dat hy moet mooi preek.”

Waarop Boeta weer vra: “Maar Mamma, hoekom help die Here hom dan nooit nie?” 

Seestrome 2015: Bediening van God se Woord in ons gemeente

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles