Die goeie Herder

Die goeie Herder

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing :  Johannes 10: 22- 42

As ons kyk na uitbeeldings van Jesus is seker die bekendste uitbeelding van Jesus die uitbeelding van Jesus as  ‘n Herder . . .  die Goeie Herder .

Die rede daarvoor is natuurlik dat Jesus na Homself verwys het  as die Goeie Herder. Kyk na  die volgende tekste :

 v 11: Ek is die goeie herder. Die goeie Herder lê sy lewe af vir die skape.

 V 27....My skape  luister na my stem . Ek ken hulle en hulle volg My.  

 V 28..  Ek gee hulle die ewige lewe  en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.  Niemand sal hulle uit My hand ruk nie.

v 29....Die wat My Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal  en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.   

Hulle het dit natuurlik geglo en het vertroosting daarin gevind  dat hulle Here ook hulle Herder is.   Te midde van al die gevaar, van vervolging en selfs die dood  was hierdie wete vir hulle tot  baie groot bemoediging.    Te midde van hulle eie magteloosheid en  hulle eie angs. Hulle Here was by hulle om hulle te lei, om seker te maak dat niks hulle uit Sy hand kan ruk nie.   In die Ou Testament was die koning  ook die regter en die herder van die volk.  Konings is gesalf  om as regters  en herders hulle volgelinge te versorg, te beskerm en te lei.   Jesus  as Here  regeer ook na Sy hemelvaart as regter en herder, as die goeie, versorgende en opsoekende herder vir die gelowiges.   Watter vertroosting was hierdie wete nie vir  hulle nie.   Geen wonder dat hierdie uitbeelding so bekend was en eintlik geliefd ook nie. 

Hierdie  uitbeelding van Jesus  sou jare later  die verbeelding van baie aangryp. Dalk is daar iemand wat  nou nog in die huis so ‘n uitbeelding van Jesus as die goeie Herder het en dit sou die verbeelding aangryp tot vandag toe. Ons as gelowiges het tot  vandag  toe nog ‘n diepe behoefte aan  hulp, aan krag, aan ondersteuning en die versekering dat alles eintlik goed is al is alles so sleg. Want ons  nood is ook  dat ons so magteloos kan voel.   Ons kan vandag ook so uitgelewer voel aan magte, aan  invloede en dit  voel vir ons buite ons beheer. Wat skynbaar met ons kan maak soos dit wil.   Dit kan persoonlike magte wees, dit kan geweldenaars wees of  sommer net liefdelose behandeling of optrede teen ons.    Dit kan onpersoonlilke magte wees soos siekte of dood.  Soms kan dit magte in onsself wees, soos begeertes en versoekings, verslawings .   Ons nood het baie name, ons behoeftes  het baie gesigte. Ons lewensvrae kom in baie vorme. Watter  troos is dit dan ook dan vir ons dat ons Here Jesus ook ons Goeie Herder is wat seker maak dat ook niks ons ook uit die hand van die Vader kan ruk nie.  Die  Here is altyddeur by ons . Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie, selfs nie as die dood kom nie. Die opgestane Here ook as ons Goeie Herder maak daarvan seker.   Watter vertroosting, watter bemoediging, hierdie wete dra ons elke dag te midde van alles. Ek gee hulle die ewige lewe  en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie . Niemand sal hulle uit My hand ruk nie.   Die wat my Vader vir my gegee het , is die belangrikste van almal  en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.  Ook te midde van die dood . . .

Ps 23 is deur die eeue ‘n geliefde Psalm en sal altyd wees.  Want hierdie Psalm sê so mooi die Here is my Herder ek kom niks kort nie.  Mense identifiseer met hierdie Psalm. Dalk meer oor die seën  wat die Here wil bring waarvan in hierdie Psalm sprake is.  Dink aan die woorde : Hy laat my rus in groen weivelde . Hy bring my by waters waar daar vrede is.  U laat my by ‘n feesmaal aansit , terwyl my teenstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.  Ek moet erken  as ek aan my eie seëninge dink, dan dink  ek ook  aan die woorde: U ontvang my soos  ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.  In my en my familie se lewe is dit inderdaad so . . . die Here is goed vir ons . Wat eintlik so merkwaardig van hierdie Psalm is, is die feit dat Dawid dit geskryf het toe dit eintlik baie sleg met hom gegaan het. Maar die wete dat die Here nog by hom is, was vir hom genoeg, dit het hom getroos.  Dit het eintlik nou alles oortref, die Here was by Hom, die Here verlaat hom nooit. Daarom maak die woorde in die begin baie sin: v 1: Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. V4: Selfs al gaan ek deur donker dieptes sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig.   V 6: U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.  Dit is merkwaardige woorde. ‘n Mens wil dit elke oomblik  glo, wil elke oomblik  daaraan vashou. Veral ook te midde van krisisse en donker tye. In hierdie verband bly die woorde van die profeet Habakuk darem ook merkwaardig : Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk  en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie, en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God my Redder. Die Here my God gee vir my krag, hy maak my voete soos die van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.  Die woorde van die woorde van die apostel  Paulus ook in hierdie trant in Roemeine 8:31: Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of  teenswoordige of toekomstige dinge of kragte  of hoogte of diepte  of einigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.  Ons hoor in hierdie woorde,  die woorde in Psalm 23 en ander die woorde van Jesus in Johannes 10:28 : Ek gee hulle die ewige lewe  en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.  Niemand sal hulle uit My hand ruk nie.   Die wat my Vader  vir My gegee het, is die belangrikste van almal  en niemand  kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 

Ek dink in hierdie week in die lig van hierdie  uitbeelding van Jesus as die Goeie Herder  en die lees van Johannes 10, asook Ps 23 weer aan die skrywe van iemand oor die  sorg van die Here  en hoe ver dit strek.  Ek haal aan: Wat bedoel ons  as ons sê dat die Vader wel sorg vir sy kinders?  Dit beteken  nie dat ons met elke klein begeertetjie  wat ons het, sy arm kan draai om ons ons sin te kan gee nie.  Dit beteken nie dat kinders van die Here geen teenspoed of probleme  in die lewe kan kry nie.  Ons weet uit ervaring dat dinge ook vir ons lelik kan skeef loop, dat ons lewe ook baie deurmekaar kan raak. God se kinders raak ook siek, ly ook, gaan ook dood.  Maar wat ons wel weet, seker kan wees van, is dat God se sorg  beteken wel dat Hy Sy kinders nooit sal prysgee of sal laat los nie.  Dit beteken dat die Vader ook in donker dale en in die skadu’s van die dood by ons sal wees, Sy hande om ons hou en ons met Sy liefde troos en beskerm.  Sy sorg beteken dat die Vader altyd daar sal wees vir ons en sal toesien dat alles uiteindelik goed uitwerk vir die wat hom liefhet.  Ook groter goed kan verkeerd loop  wat vir ons baie belangrik is kan  skeef loop en mense wat vir ons dierbaar is, kan weggeneem word. Maar die regte groot goed, ons eindbestemming  en die trou van God kan nie verkeerd loop nie. 

Pascal het gesê dat as ons in 'n storm sou kom op see en ons weet die boot gaan   tog veilig anderkant uitkom, dan sal ons die storm anders hanteer.   Ons sal nog dalk selfs naar raak ook, maar ons sal moed hou, want ons weet ons sal anderkant uitkom.  Die feit dat Jesus ons goeie Herder is, verseker ons dat ons ook veilig anderkant die storms van die lewe sal uitkom . . . selfs die storm van die dood. 

Die goeie Herder

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles