Sondag 29 Mei 2016 is ‘n gesamentlike erediens met die gemeente van die VGK in Blompark gehou. Tydens die geleentheid is Nagmaal ook gevier/bedien. Ds. Dirk van Dyk was die prediker.
Die gebruiklike gesinsdiens en kategese het in die Pretoriussaal plaasgevind. Ook hier is Nagmaal gevier/bedien onder leiding van Ds. Willie Kotze.
Aangesien daar geen diens in die kerk plaasgevind het nie kon geen diens na Herberg aan See herlei word nie. Ds. Hennie Basson, afgetrede leraar van Pearly Peach, het hier ‘n inspirerende boodskap aan die senior burgers gebring en ook die Nagmaal aan hulle bedien. Wat die geleentheid baie besonder gemaak het, is die feit dat hy aan elke senior burger persoonlik die brood en wyn bedien het.
Ds. Basson se boodskap was uit 1Petrus 1:22: Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê
Enkele gedagtes wat hy uitgelig het:
- Liefde vir mekaar soos Jesus aan aan gee.
- Opofferende liefde na aanleiding van Jesus se voorbeeld.
- Hoe meer mens van jouself gee hoe makliker is dit om lief te hê.
- Liefdeloosheid breek af.
- Liefde vir mekaar trek aan.
- Liefde verdruis duisternis
- Liefde vs die Duiwel
- NGKerk – gee – aanmekaar – oop hande
- Christene – gee jouself aan ander
- Nagmaal herinner aan Jesus wat aan die kruis gesterf het. Hy het Sy liefde gegee; dit was/is opofferende liefde.
- Jesus gee Sy liggaam omdat Hy vir ons lief is.
- Selfondersoek: Het ek die Here lief? Het ek my medemens lief?