In die Spanje van die sestiende eeu was daar baie sosiale verdelings en grense. Adelheid en stand was belangrik en die sosiale stratifikasies was streng. Ook was daar ‘n groot groep Jode in Spanje wat deur die hervormings van Koningin Isabella in die vyftiende eeu gedwing was om hulle tot die Christendom te bekeer of die land te verlaat. Die families wat hulle tot die Christelike geloof gedraai het was die Conversos genoem. Ook teen hulle is gediskrimineer deur die Spaanse familie van “rein” Christelike afkoms. In die tyd praat Teresa van Avila, een van die vier vrou doktore van die Rooms Katolieke kerk en self uit ‘n Converso familie baie oor die vriendskap van God.
God het ons vrylik sy vriende gemaak daarom moet ons in ons gemeenskap almal vriende wees, maak nie saak van jou sosiale agtergrond nie. Ons moet toelaat dat God se vriendskap alle sosiale grense oorbrug. Sy het haar boodskap veral gerig aan die kloosters waarbinne die sosiale strukture net voortgesit is. Vir Teresa was die deelword van ‘n geestelike gemeenskap ‘n keuse vir gelykheid, want die teken van geestelike volwassenheid is dat jy glad nie gepla is met jou reputasie of waardigheid nie.