Aanbouings aan Pretoriussaal

Aanbouings aan Pretoriussaal

NG Kerk Gansbaai

Die Kerkraad het op ‘n Spesiale Kerkraadvergadering op 25 Julie 2016 besluit om met die voorgestelde aanbouings aan die Pretoriussaal voort te gaan.

Die aanbouings behels die aanbou van ‘n sysaal aan die bestaande kombuis se kant. Dit sal ‘n afsonderlike addisionele ruimte daarstel vir gebruik van gemeente aktiwiteite. Dit sal onder andere ruimte skep vir basaars( tente as dit reën en sterk wind word aangespreek), die Vrydag woekermark, die Kategese en ander Jeugbyeenkomste, asook werkswinkels wat deur bedieninge aangebied sou word. Alle gemeente aktiwiteite behoort te baat by die aanbouings.

Soos alombekend is daar ‘n bestaande probleem met ‘n tekort aan voldoende toiletgeriewe tydens funksies en geleenthede waar groot getalle mense in die saal geakkomodeer moet word, en is hier  die geleentheid om iets groter te inkorporeer. Die vermeerdering van die toilette en aanbring van fasiliteite vir gestremdes alleen beloop nagenoeg R300 000.00. ‘n Behoefte  vir meer stoorruimte word ook terselftertyd aangespreek.

Die hele projek sal ongeveer R850 000.00 beloop.

Die rowwe bouwerk behoort gedurende Augustus 2016 in aanvang te neem. Bouplanne is reeds deur die Munisipaliteit goedgekeur en ‘n kontrakteur is aangestel. Die mure, vensters, dakke en vloergedeelte behoort teen 1 Desember 2016 voltooi te wees, sodat die Kersmark die nuwe aanbouings kan benut. Die finale afwerking behoort vroeg in 2017 afgehandel te wees.

Aanbouings aan Pretoriussaal

A. Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles