Pinkster 2017: Ek gaan kerk toe namens ander

Pinkster 2017: Hoekom gaan ons kerk toe?

Ek gaan kerk toe namens ander (Fillipense 2)

Tog het hy ons lyding op hom geneem

Ons siektes het hy gedra

Oor ons oortredinge is hy deurboor

Oor ons sonde is hy verbrysel

Die straf wat vir ons vrede moes bring was op hom

Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom

“Namens” is ‘n belangrike woord in die Bybel. Ons gaan ook namens ander kerk toe. Die wat nie kan nie en die wat nie wil nie. Dit vra ‘n sekere gesindheid. Een waar oordeel, geestelike hoogmoed en wet nie pas nie, maar eerder deernis, liefde en opoffer. Jesus het nie vasgeklou aan sy Godheid nie. Jesus het ook vir sy dissipels gese: “Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.” Ons kyk maklik neer op mense, kritiseer en oordeel. Ons dink maklik dis te veel moeite om vir iemand iets te doen. Dit vra ‘n groeipad om namens iemand kerk toe te kom, maar dit is ook ‘n voorreg.

Ons word ook soms gevra om namens die te praat wat nie vir hulleself kan praat nie. Wat nie daar is waar hulle gehoor word nie, wat nie iemand is wat gehoor sal word nie. Kinders en vroue sonder stem. Die grootste gawe wat ons iemand kan gee is om namens hom of haar kerk toe te gaan en namens iemand in te tree en te praat. Ons kan net daardie geskenk gee omdat ons dit ontvang het. Christus het immers namens ons gesterf.