Gasvryheid

Gasvryheid

NG Kerk Gansbaai

Teks: Romeine 12:13, Hebr 13:2, Gen 18:1-7

Hierdie maand is die preektema gasvryheid. Daaroor kan ons lank praat. Dink daaraan hoe pragtig dit is as mense gasvry is, die vriendelikheid  van mense,  die lekker saamkuier wat saamhang met gasvryheid. Ek moet dadelik daarop wys dat in die wêreld van die Bybel het gasvryheid nie te doen met die gesellige kuier saam met vriende of familie nie, maar gaan dit oor die ontvangs van vreemdelinge, ja dit gaan oor om goed te wees vir van vreemdelinge. Romeine 12:13 “lê julle toe op gasvryheid”,  letterlik en figuurlik. Letterlik onderdak te verskaf aan vreemdelinge en as jy self nie kan nie, hulle daarmee te help, en figuurlik  hulle bv in te trek in jou vriendekring, so as ‘n ware onderdak te verskaf.

Nou weet ek nie hoe julle voel oor  vreemdelinge nie, maar ek moet sê as ek aan vreemdelinge dink, kry ek ‘n gemengde gevoel. Aan die een kant  fassineer hulle ‘n mens, bv die talle toeriste. Ons sien die mense, hulle is fassinerend, maar aan die anderkant  maak hulle ook dat ‘n mens onseker is, juis omdat ‘n mens hulle nie ken nie. ’n Mens weet nie wat om te verwag nie. In ‘n sekere sin bedreig hulle ‘n mens. In vandag se tye met al die misdaad en geweld weet ons nie wat van om te verwag van vreemdelinge nie. Dit voel bedreigend.

Hierdie vers roep ons op om gasvry te wees. Om letterlik  onderdak te verskaf of hulle daarmee te help,  hulle in te trek in jou vriendekring. Die res van die Skrif is nogal ‘n eyeopener  toe ek dit lees, so amper vanselfsprekend. Dink aan die OT. In Israel is gasvryheid as ‘n vanselfsprekende deug gesien. En is dit toegepas sonder dat dit beveel is of enige beloning vir die gasheer ingehou het. In die OT word daar op vele plekke aangedui dat vir vreemdelinge gesorg moet word en dat hulle nie verdruk mag word nie. Lev 19:34: “Wanneer daar ‘n vreemdeling by julle in die land woon, mag julle hom nie onderdruk nie.Julle moet hom soos ‘n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself. Julle was immers self vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God. Wanneer jy jou lande afoes en jy vergeet ‘n gerf op die land, moet jy nie omdraai om dit te gaan haal nie. Dit moet bly vir die vreemdeling, of ‘n weeskind of ‘n weduwee”. Deut 24:21 “Wanneer jy jou wingerd oes, mag jy nie weer agterna gaan oes nie. Wat agtergebly het, moet bly vir die vreemdeling”. Ps 146:9 “Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees” Israel moet die vreemdeling liefhê en die profete het dikwels die oordeel oor die volk uitgespreek wanneer daar nie reg aan die vreemdeling geskied het nie. Die begronding van die liefde en die sorg vir die vreemdeling is geleë in die feit dat hulle self vreemdelinge in Egipte was. In die Rabbynse geskrifte word gasvryheid aanbeveel as een van die belangrikste werke van barmartigheid  en word dit geplaas voor die opvoeding van weeskinders, die sorg vir gevangenes, besoeke aan die siekes en die begrawing van die dooies.    

Ook in die NT is daar heelwat verwysings na gasvryheid. In die evangelies speel die gebruik van gasvryheid ‘n belangrike rol. In die gelykenisse word dikweks groot betekenis aan gasvryheid geheg. Lukas 10:34 Die gelykenis van die barmartige Samaritaan, en dit nogal ‘n Samaritaan. “Hy het na hom gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel  en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en hom daar verder versorg”. Lukas 11:5 oor hoe Jesus juis gasvryheid gebruik as bv om iets te leer van hoe ons Vader in die hemel vir ons sorg.  “Verder sê Hy vir hulle:  Sê nou een van julle het ‘n vriend en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: Vriend leen my bietjie drie brode, want ‘n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om  hom vir hom voor te sit nie. En die ander antwoord van binne af:  Moet my nie lastig val nie.  Die deur is al gesluit en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan en dit vir jou gee nie. Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan om dit vir jou te gee nie omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie”. Die gelykenis oor beskeidenheid en gasvryheid, Lukas 14:16 “Hy het ook vir die gasheer gesê: As jy in die middag of in die aand ‘n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou ook waarskynlik ook weer uitnooi en jou op hierdie manier vergoed nie. Nee, as jy ‘n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blides. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou voor te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van die wat reg gedoen het”. Dink ook aan Jesus se eie optrede teenoor mense wat deur die samelewing gemarganaliseer is en hoe gasvry Jesus tenoor diegene was. In die res van die NT word ook dan die prentjie geteken dat christene altyd bereid moet wees tot gasvryheid. Rom 12:13 “lê julle toe op gasvryheid”. Gasvryheid sou dan ook gesien word as een van die kenmerke van ‘n geskikte ouderling.   

Dit is tog baie duidelik hoe die Bybel daaroor praat. Hoe ons dan ook deur die Here geroep word om gasvry  teenoor  vreemdelinge  te bewys in sy of haar vreemdheid. Om so gasvryheid te betoon. En om nie as ‘n ware hulle eers soos ons te laat word nie. In die verband is daar die mooi verhaal uit die Talmoed waarvolgens Abraham op ‘n dag ‘n ou man vir ete genooi het. Nadat hulle klaar geëet het, het die ou man vir Abraham vir sy gasvryheid bedank Abraham het geantwoord dat hy hom nie moet bedank nie, maar vir God wat al hierdie dinge as ‘n gawe gegee het. Die ou man het egter geantwoord. Waarom moet ek God bedank as ek my eie gode het. Daarna het die ou man ‘n afgodsbeeld van hout uitgehaal  en dit op die vloer geplaas en dit gedank. Toe Abraham dit sien, was hy hoogs ontsteld. Hy het die man gegryp en hom by die tent uitgegooi. Abraham het homself verwyt dat hy gasvryheid aan die ou man bewys het. Net toe die ou man buite die gesigsveld was,  het Abraham ‘n stem gehoor. Ja Here, het hy geantwoord. Die Here sê toe vir Abraham: Ek beskerm en versorg al vir 80 jaar hierdie ou man wat jy sopas uit die tent gegooi het. Deur alles het Ek hom gedra, al het hy die afgod die dank daarvoor gegee. Alhoewel hy nie van beter weet nie, weet jy van beter. Gaan soek die ou man, roep hom terug en laat hom welkom voel. Jy moet almal met gasvryheid bedien, selfs die wat nie verstaan dat daar net een God is nie. In hulle vreemdheid...

Die Bybel teken vir ons ‘n prentjie dat die seën van die Here tot ons kan kom deurdat ons gasvryheid aan vreemdelinge bewys. In die verband dink ‘n mens aan die teksgedeelte Heb 13:2 “sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves”. Dink aan die gasvryheid van Abraham en die seën wat dit meegebring het. Dink aan die optrede van die Emmausgangers wat vir Jesus ontvang het en die seën wat dit vir hulle meegebring het.   

In die lig van die oproep en in die lig van die bedreiging wat vreemdelinge inhou, veral as jy dink aan ons situasie, voel ek om te sê dat ons sal bid om liefde en onderskeiding, om die regte ding te doen uit liefde, en  omdat daar boewe sal wees wat van jou gasvryhied misbruik sal maak vir onderskeiding, dat  jy sal kan weet wie dit is dat hulle jou nie belaglik sal maak. Daarom bid ons: Here wees  ons genadig...

Gasvryheid

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles