Seemeeu 3/2017: Bybel in Afrikaans

Seemeeu 3/2017: Bybel in Afrikaans

NG Kerk Gansbaai

Die Bybel in ons eie taal


Die Bybel soos ons dit vandag in ons eie taal lees,was nie altyd so geredelik beskikbaar nie en is steeds nie vir almal beskikbaar nie.
Die Bybel is vandag in baie tale vertaal vanaf die oorspronklike geskrifte wat in Hebreeus, Armeens en Grieks geskryf was. Die volle Bybel is reeds in 636 tale vertaal, die Nuwe Testament in 1442 tale en gedeeltes van die Bybel of stories daaruit in 1145 ander tale. Die wonderlike nuus is dat gedeeltes van die Bybel of gedeeltes daarvan al in 3 223 tale vertaal is. Dit is egter nog nie die helfde van die tale wat wereldwyd gebesig word nie. Na raming is daar 7 000 tale in gebruik. Ongeveer 160 miljoen mense het nog nie die voorreg om die Bybel in hulle eie taal te lees nie. Vertalings in hierdie mense se tale het nog nie begin nie. Projekte in 165 lande  is tans onderweg om die Bybel in 2400 tale te vertaal. Meer as 1600 tale wag nog vir ‘n vertalingsprojek om te begin. Laasgenoende sluit gebaretaal uit.


Belangrike datums in die geskiedenis van die Bybel in Afrikaans:
1878: Eerste Bybelboek vertaal, Evangelie volgens Markus. Hierdie vertaling deur   C P Hoogenhout is nooit gepubliseer nie, maar die manuskrip is in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika
1933: Eerste Bybel
1983: Volgende vertaling van die Bybel
2008: Eerste Bybel vir Dowes. Hiedie Bybel is die eerste Bybel in Suid-Afrika wat spesiaal vir Dowes vertaal is en slegs die tweede Bybel in die wêreld wat spesiaal vir hierdie groep vertaal is.


21 Oktober 1941: Eerste volledige Braillebybel in Afrikaans
Afrikaans was slegs die vierde taal ter wêreld om 'n volledige Braillebybel te ontvang. Slegs Engels, Duits en Frans het op daardie stadium oor 'n volledige Braillebybel beskik. Vandag beskik 44 van die wêreld se sowat 6 887 tale oor 'n volledige Braillebybel.


Die heel eerste volledige Bybelboek wat in 'n Suid-Afrikaanse taal verskyn het, was die Evangelie volgens Lukas wat deur Robert Moffat in Tswana vertaal is en in 1830 in Kaapstad gedruk is. Die Bybelgenootskap het die papier daarvoor verskaf en ongeveer R100 bygedra tot die drukkoste. In 1857 verskyn die Tswana Bybel, die eerste volledige Bybel in 'n Suid-Afrikaanse taal. Vandag is die Bybel beskikbaar in al die land se 11 amptelike tale.

Seemeeu 3/2017: Bybel in Afrikaans

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles