Blog

Seemeeu 4/2017: Badisa

Seemeeu 4/2017: Badisa

NG Kerk Gansbaai

Almal wil graag gedurende die Kerstyd lekker eet en kuier. Almal van ons is egter nie so gelukkig om aan te sit by tafels wat kreun van kos en lekkernye nie. Badisa voorsien op ‘n baie gereelde basis noodsaaklike nie-bederfbare kospakkies aan behoeftige gesinne. Items in die pakkies sluit onder andere in koffie, tee, suiker, poeiermelk, blikkies kos (vleis, vis en groente), pasta, rys, pap en smere soos grondboontjiebotter.

Badisa verwelkom enige skenkings van nie-bederfbare produkte. Die produkte word dan volgens gesinne se behoeftes versprei. Skenkings kan by Badisa se kan-toor by die Kategese lokale afgelewer word. Badisa is ook betrokke by ons behoeftige skoolgaande kinders. Elke kind het skryfbehoeftes nodig as hy of sy skool toe gaan. Kom ons help ook hierdie kin-ders deur Badisa se voorraad vir 2018 aan te vul. Potlode, penne, kleurkryte, uitveers, liniale, potloodsakkies, skêre. Al was die meeste van ons lank terug in die skool, kan ons ons seker nog indink wat ‘n kind nodig het, en veral die ongemak en ongerief as hy of sy dit nie het nie.

Dit is kersfeestyd, ‘n tyd vir gee en omgee. Kom ons maak ons harte en hande oop en wys dat ons omgee mense is. Kontak hulle gerus vir enige navrae.

Seemeeu 4/2017: Badisa

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles