Seemeeu 2:2018: 'n Vreemde Gemeenskap

Seemeeu 2:2018: 'n Vreemde Gemeenskap

NG Kerk Gansbaai

n Vreemde gemeenskap

Pinksterdag is die geboortedag van die kerk. Die kerk is ‘n vreemde fenomeen - ‘n baie vreemde gemeenskap. Meeste ander organisa-sies of klubs waaraan ons behoort ontstaan uit menslike inisiatief en die lede het gedeelde be-lange. Die kerk daareenteen is ‘n skepping van die Drie-Enige God, ‘n nuwe gemeenskap, geskep deur Woord en Gees. Die kerk is groter as taal, kultuur, geografie en nasionali-teit. Ons ervaar kerk in die gemeente waar ons is, wat ‘n plaaslike teken is van God se groter genade. God het gekies om deur mense in die wêreld te werk en die kerk is ‘n sigbare teken daarvan. Al wat mense in ‘n spesifieke uitbeel-ding van kerk aan mekaar bind is dat hul almal geliefdes is van God. Nog vreemder is dat die kerk nooit kerk is ter wille van haarself nie. Die aanstoot van hierdie gemeenskap is dat dit nie altyd daar is net ter wille van die belange van die mense wat aan ‘n spesifieke gemeente behoort nie, maar juis ter wille van die belange en menswaardigheid van die groter gemeenskap. Die kerk is deel van God se sending na die wêreld toe. God wil die wêreld heel hê en daarvoor is die kerk ‘n instrument. Die kerk is ‘n vreemde gemeenskap. Dit is nie ‘n besigheid nie, dit is nie ‘n klub nie, dit werk nie met die samelewing se reëls vir suskes nie. Eintlik is dit ten diepste ‘n ruimte waar ons leer om lief te hê, want dit is hier waar ons moet ontdek hoe God se liefde vir ons lyk en daardie liefde is so verrassend dat ons nie daaroor kan stilbly nie. Ons word hier geleer om God se passie vir ‘n heel wêreld na te streef. - Dr Lisel Joubert

Seemeeu 2:2018: 'n Vreemde Gemeenskap

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Breathtaking Winter Views Across Grootbos and Walker Bay

Breathtaking Winter Views Across Grootbos and Walker Bay

The parting shot this week is actually in two parts taken across the landscape today, which was a glorious winter's day. 

Grootbos Foundation
Warm Up Your Home This Winter

Warm Up Your Home This Winter

As the days get shorter, the colours in your home can make all the difference.

West Coast Inspiration

West Coast Inspiration

Looking for finishes that combine natural beauty with lasting durability? 

Damp Walls? Fix the Cause First

Damp Walls? Fix the Cause First

Noticed damp patches or water stains on your walls? Painting over the problem won't make it disappear.

Overstrand Tourism Diary: 10 - 16 June 2026

Overstrand Tourism Diary: 10 - 16 June 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops...

Gansbaai Tourism
Why Renting a Cement Mixer Is Better Than Buying One

Why Renting a Cement Mixer Is Better Than Buying One

For many builders, contractors, and homeowners, a cement mixer is essential for getting the job done. But does it make sense to buy one?

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles