Seemeeu November 2018

Seemeeu November 2018

NG Kerk Gansbaai

Jaartema vir 2018: Ons hoop is in God Drie Enig

Ons jaar en maandtemas vir 2018 was baie inspirerend en bemoedigend. Vir diegene wat dit graag wil  stoor, hier is dit weer:

Maandtemas:

  • Januarie: God is getrou.
  • Februarie: God die Vader skep
  • Maart: God die Seun herstel
  • April: God die Seun versoen
  • Mei: God die Gees maak lewend
  • Junie: Praat ons anders
  • Julie: Sien ons anders
  • Augustus: Word ons nie moeg om goed te doen nie
  • September: Bewaar ons die skepping
  • Oktober: Glo ons
  • November: Verlang ons na Sy koms
  • Desember: Vier ons fees

Gansbaai gemeente groet ds Dirk 

 Op 30 September het ons afskeid geneem van ds Dirk en Marina van Dyk met sy aftrede. Ds DC (Dirk) van Dyk was op 4/8/2006 in die Gansbaai as derde gemeente-leraar bevestig. Ds Dirk se droom vir die gemeente is en was dat dit ‘n weerspieëling moet wees van dit wat die Woord van die Here leer ‘n kerk moet wees, die gemeente mekaar se laste sal help dra. Dat ons regtig in hierdie opsig ‘n verskil sal maak deur Liefde en Omgee! Ons dank God vir ds Dirk se geseënde arbeid in Gansbaai (al ses streke plus die VG gemeente). Ds Dirk ons wil graag vir jou sê: “Ons huldig, onthou en dank jou as leraar vir jou gasvrye persoonlikheid wat vir alle mense ruimte gemaak en geskep het. Hiermee het jy God se onbegrensde liefde en goed-heid vir alle mense tasbaar gemaak. Veral dankie vir die troos en hoop wat jy in smart- en pyn-gevulde lewensruimtes in-gedra het. Jou gepaste humor wat ons gehelp het om die menslikheid van God raak te sien. Jy het ons laat onthou: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Waar jy nou amptelik uit die Leraarsamp getree het, bid ons jou die seën van die Here toe en wens ons jou en Marina en jou geliefdes ‘n voorspoedige toekoms toe, wat gebou is op die Christelike Hoop wat lewe gee.” - Namens ons Gansbaai gemeente.

Beroeping: Ds Hanri Joubert: 

'n Nuwe leraar is in-tussen beroep. Ds. Hanri Joubert van die Britstown gemeente het die be-roep na Gansbaai aangeneem. Hy word op 11 Januarie 2019 in die gemeente bevestig en sal op 13 Januarie 2019 sy intreepreek lewer. Ds. Hanri is getroud met Elizabeth en die egpaar het 'n 2-jarige dogtertjie, Sumari. Die egpaar sal die pastorie in Parkstraat betrek.

Bybelstudie-groepe

Nuwe intrekkers of lidmate wat graag betrokke wil raak by Bybelstudieroepe: Hier is kontak-nommers van mense in elke streek wat u kan help om in te skakel by ‘n bestaande Bybelstudie-groep of om selfs een op die been te bring.

  • De Kelders: Jannie Botha 028 3841993
  • Kleinbaai: Bertie van Zyl 028 384 1061
  • Franskraal: Lisel Joubert 028 3840014
  • Pearly Beach: Alta van Niekerk 028 381 9224.
  • Gansbaai  Lisel Joubert 028 3840014
  • Baardskeerdersbos Aletta Groenewald 082 488 0230

Dignity (Waarde) projek:

Michelle Marais wat die studie-sentrum bedryf droom om in die groter gemeenskap met ‘n projek te begin waar kinders met waarde bevestig word. So ‘n fonds/projek sal kinders help met dinge wat hulle goed sal laat voel oor hulself (bv haarsny, klere vir ‘n geleentheid ens). Lidmate wat belangstel kan haar kontak. Waarde staan verklarend geskryf as: ‘n aanduiding vir die belang van 'n bepaalde objek. Mag ons as ’n gemeenskap terugkeer na ’n punt waar die waarde van elke individu, maar veral ‘n kinderlewe, erken word, waar ons ‘n rol speel in ‘n kind se daaglikse groei en welvaart en ophou om kinderlewens te meet in terme van  die ekono-miese welvaart van hul ouers sowel as hul akademiese bevoegdheid, juis in sy/haar tyd van groei. Bogenoemde sowel as daaglikse sosio-ekonomiese  uitdagings in ons gemeenskap, maak dit moelik vir ouers en kinders om net die basiese hulpbronne te voorsien. Dikwels sien ons ‘n kind raak wat ‘n skoon, of warm kledingstuk, ‘n pennesakkie of broodjie benodig, selfs net ‘n haarsny. Faktore wat ‘n wesenlike verskil aan ‘n kind se daaglikse sosiale-welstand kan maak.

Michelle wil  ‘n gemeenskaps-inisiatief begin, waar fondse ingesamel word vir kinders met daaglikse doelwit behoeftes. Waar ‘n kind se omstandighede op jou hart geplaas word en jy kan bydra tot sy/haar daaglikse stryd. Kom ons meet die waarde van ‘n kind uit die oë van die liefde van ons Vader in die Hemel, die barmhartige hand van God. - Michelle Marais 082 9770904

Seemeeu November 2018

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles