Seemeeu November 2018

Seemeeu November 2018

NG Kerk Gansbaai

Dissipelskap

Johan en Louisa de Wet het ‘n dissipelskapkursus deurloop en wil dit graag met ander deel: “Ons het die voorreg gehad om deel van ‘n klein-groep te wees. Ons het baie geleer en gegroei in ons verhouding met die Here en sal ander graag ook hierdie ervaring wil bied en laat ervaar. In Lukas 5 sê Jesus vir Levi, die tollenaar: “Volg My”. Hierdie uitnodiging rig Hy aan sy dissipels, maar ook vandag aan elkeen van ons. As jy ‘n behoefte in jou hart het om Jesus op alle vlakke van jou lewe te volg, is daar geen beter plek as om te begin met die WESE VAN DISSIPELSKAP-kursus /skoling nie. Op hierdie pad gaan jy stap in die voetspore van Jesus - leer om Hom in gehoorsaamheid te volg. Saam met Hom gaan jy Sy Woord leer ken, leer hoe Hy “dink”, hoe Hy mense sien, hoe Hy die wêreld sien, wat Sy waardes en oortuigings is. Sodat dit alles ook joune kan word. In ‘n kleingroep van 4-8 persone gaan jy die geleentheid hê om die erva-rings met ander te deel van die wonderlike waarhede wat jy op die pad saam met Hom gaan beleef. Die hele kursus bestaan uit 7 modules, en elke module uit 24 weeklikse sessies. Moenie uitstel nie en meld aan by ons om in te skryf vir hierdie avontuur wat jou lewe en siening van die wêreld gaan verander.”  - Johan 083 306 2484 en Louisa 084 498 2844

Huis E, Herbergkinderhuis, Robertson.

Saterdag 13 Oktober het vier dames vanuit ons gemeente; Marie de Kock, Mimmie Pienaar, Mima Snyders en Ronel Snyman, die dogters van Huis E, Herbergkinderhuis op ‘n uitstappie na Birds Paradise, Robertson geneem. Die natuurlewe, voëls en plante is bewonder en hulle het dit baie geniet. Piekniek is in die buitelewe gehou. Toiletware en bederf-eetgoedtjies is aan die tehuis geskenk. Baie dankie aan almal wat bygedra het om die dag vir die kinders moontlik te maak.

Kerkraad - Ken-mekaar-braai

Op 24 Oktober het die kerkraad ‘n ken-mekaar-braai en jaarafsluiting gehou. Hulle het ook ‘n kans gehad om met mekaar te deel oor wat hulle positief ervaar in die gemeente en dit wat hulle opgewon-de maak. n Paar voorbeelde: Gemeente-sang, Gesinsdiens (Jeugdiens), Predikers, samewerking by basaars, samewerking met VG Kerk, Bybelskool, positiewe vroue lidmate, Baardskeerdersbos as unieke gemeenskap en Pearly Beach se omgee vir mekaar. Ons sien uit na 2019!

Ringsitting

 Die sitting van die Ring van Caledon het op 9 en 10 September 2018 te Gansbaai plaasgevind wat die gas-gemeente was. Ds. Dirk van Dyk het as Voorsitter van die sitting opgetree. Dit is dan ook die laaste keer wat Ds. Dirk amptelik by so ’n geleentheid opgetree het in sy hoedanigheid as predikant op Gansbaai. Die vroue van die Gasvryheidsgroep het gesorg dat heerlike eet en drinkgoed voorsien is.

Exploria & NG Gemeente Webblad

Die NG Gemeente Gansbaai is reeds 6 jaar deel van die Xplorio insiatief om Gansbaai en baie ander dorpe/streke blootstelling te gee op die internet. Xplorio bied ons nou hul Pro Membership pakket aan. In Sanja Lutzeyer se woorde: This would give you fantastic exposure on the website and would also involve us running Google Ads for you and doing some Facebook marketing for you. It really is a fantastic membership. Ons is in oorleg met hul skryfspan besig om die blad saam te stel. Fokusareas is onder meer die Kersmark, Vrydagmark en ander gemeente-gebeurtenisse (events). Laasgenoemde vra ons die gemeente se samewerking, want alleen met almal se hulp kan ons ons kerk/gemeente bekend stel aan die wêreld en geestelike sake wyd uitdra. Ons beplan om gereeld met die Bedieninge van ons gemeente te skakel en al die nuus en beplannings te kry vir plasing op die blad. Plasings geskied deur die Xplorio span; ons verskaf die inligting en foto’s. Enige insette in hierdie verband sal baie waardeer word. Enige inligting, fotos, nuus kan aan Annaleen 082 923 7315 of Maureen 082 415 5588 gestuur word, oproep, sms of whatsapp. Ons is baie dankbaar vir die geleentheid wat ons reeds die afgelope 6 jaar het om deel van die Xplorio insiatief te wees en vir die blootstelling wat die kerk/gemeente daardeur gekry het en wil graag daarop voortbou tot God se eer en Koninkryk.

Video-opnames van eredienste

Met die ingebruikneming van die nuwe klank-en-videostelsel in die kerk, wat ook direkte uitsending na Herberg-aan-See tehuis moontlik gemaak het, is n nuwe era in die gemeente betree. Inwoners van Herberg-aan-See skakel elke Sondag in by die erediens. Hulle kan inskakel by enige diens/biduur ensovoorts wat in die kerk plaasvind. Die dataprojektor-operateur moet net die nodige program aanskakel.

Alle eredienste in die kerk word opgeneem. Dit word op ‘n gereelde basis afgelaai en op ‘n aparte hardeskyf gestoor. Indien ‘n lidmaat sou belangstel om ‘n ongeredigeerde opname van ‘n spesifieke erediens/biduur te bekom, kan dit beskikbaar gestel word. Ons laai dit met graagte oor op u geheue-stokkie (memory stick). Opnames van begrafnisse kan ook gedoen word.
Reëlings moet vooraf met die data-operateur aan diens getref word.
Navrae: Annaleen 082 923 7315 of Maureen 082 415 5588 om die nodige reëlings te tref vir die aflaai/oorlaai van opnames.

Seemeeu November 2018

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles