Seemeeu1/2019: Op weg saam met God...

Seemeeu1/2019: Op weg saam met God...

NG Kerk Gansbaai

Ons jaartema vir 2019 is “Op weg saam met God”. Op ons almanak is dit dan ook gekoppel aan ‘n spesifieke teks naamlik Handelinge 9:2. Handelinge vertel die verhaal van die kerk vanaf die gebeure rondom Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. In hoofstuk 9 ontmoet ons vir Saul wat fanaties die nuwe beweging vervolg, met die interessante woorde (wat ongelukkig weg vertaal is in die 83-vertaling), naamlik: “… sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kan bring” (53-vertaling). Die NRSV vertaling klink as volg: “...if he found  any that belonged to the Way”. Dit is hoe die eerste Christene genoem is: Mense van die Weg. Ook in ander plekke in Handelinge kry mens die benaming, naamlik Hand 18:25, 19:19, 19:23. Die konsep van Weg is bekend in die Bybel. Dit dui op jou lewenspad, jou leer en lewe. Dit kan dui op keuses en maniere van doen wat raakgesien word. Jesus self het gepraat van die smal en breë weg en baie van julle het seker grootgeword met sulke uitbeeldings teen die mure. Die probleem met die beter te verstaan. Die Didache begin met hierdie woorde: “daar is 2 paaie: die een lei na die lewe en die ander na die dood. Die verskil tussen die 2 paaie is egter baie groot. Die pad na die lewe lyk so: in die eerste plek moet jy jou medemens soos jouself liefhê. Moenie aan iemand anders enigiets doen wat jy nie wil hê met jou moet gebeur nie. In die praktyk beteken hierdie woorde dit: praat mooi van die mense wat vir julle vervloek, en bid vir julle vyande. Vas ter wille van die mense wat julle vervolg…”. Ek dink nogal dis makliker om nie te dobbel nie as om jou vyand lief te hê!

Ek dink die res van Handelinge 9 help ons om die “Weg” nog beter te verstaan. Saul is hier ook op ‘n pad, maar hierdie pad is meer as die letterlike pad na Damaskus, dit is ook ‘n figuurlike pad. Ons kan die pad leer ken deur Saul se lewe. Eerstens was hierdie “weg” vir hom tot groot aanstoot. Hy doen baie moeite om hulle te vernietig en te vervolg. Hy sorg dat hy briewe kry. Hy gaan al die pad na Damaskus toe. Hierdie mense ontlok ‘n sterk woede by hom. Dan ervaar hy die onverwagse. Dit wat nie deel van sy reisplan was nie. Binne sy planne word hy verras deur Christus self. En as die opgestane Christus Hom bekendstel doen Hy dit deur Hom te vereenselwig met die mans en vrouens van die Weg met die woorde “Hoekom vervolg jy my?”. Die gelowiges is nooit los van Christus nie. Die mees aangrypende is die verandering in die man wat die pad begin het en die man daarna. Saul loop nie sterk en heldhaftig daar weg nie. Hy kon niks sien nie. Hulle moes sy hande vat. Hy was weerloos en totaal afhanklik. Die een wat so seker was en so baie geweet het, weet nou niks. Hy moet nou geleer word deur die wat vir hom tot aanstoot was en op wie hy neergekyk het. Op die pad verander God vyand in vriend. En Paulus word die vervolgde.

Ons is ook mense van die “Weg”. Ons is ook oppad saam met God. Is ons oop om verras te word, oop om soms vir ander aanstoot te gee? Oop om te weet dat God vyande vriende kan maak? Is ons leerbaar? Maar ten diepste verstaan ons dat die opgestane Christus Hom met ons assosieer. Dat Hy altyd in solidariteit staan en dat Hy saamly.

Mag ons as Gemeente van Gansbaai ook die jaar oop wees om geleer te word en anders te kan sien op hierdie pad saam met God. 

Seemeeu1/2019: Op weg saam met God...

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Breathtaking Winter Views Across Grootbos and Walker Bay

Breathtaking Winter Views Across Grootbos and Walker Bay

The parting shot this week is actually in two parts taken across the landscape today, which was a glorious winter's day. 

Grootbos Foundation
Warm Up Your Home This Winter

Warm Up Your Home This Winter

As the days get shorter, the colours in your home can make all the difference.

West Coast Inspiration

West Coast Inspiration

Looking for finishes that combine natural beauty with lasting durability? 

Damp Walls? Fix the Cause First

Damp Walls? Fix the Cause First

Noticed damp patches or water stains on your walls? Painting over the problem won't make it disappear.

Overstrand Tourism Diary: 10 - 16 June 2026

Overstrand Tourism Diary: 10 - 16 June 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops...

Gansbaai Tourism
Why Renting a Cement Mixer Is Better Than Buying One

Why Renting a Cement Mixer Is Better Than Buying One

For many builders, contractors, and homeowners, a cement mixer is essential for getting the job done. But does it make sense to buy one?

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles