Seemeeu 1/2019: Diensaanvaarding en bevestiging Ds. Hanri Joubert

Seemeeu 1/2019: Diensaanvaarding en bevestiging Ds. Hanri Joubert

NG Kerk Gansbaai

Ons glo die gemeente sal definitief ds. Hanri se bevestiging onthou. Tydens die naweek van 11 - 13 Januarie het groot dele van die Overstrand teen groot brande gespook wat deur die wind aangewaai en vererger is. Franskraal se inwoners moes ontruim en die spanning was hoog. Te midde daarvan is die diens in die kerk gehou met net ‘n deel van die gemeente wat dit kon bywoon. Dit was ‘n voorreg om tydens die diens die rëen te kon hoor val, wat ons glo almal voor gesmag en gebid het. Die diens is gelei deur dr. Lisel Joubert, wat die gemeente herinner het aan die kontoere waarbinne ‘n roeping plaasvind. Ds.Willie Kotze het die bevestiging behartig. Dominees uit Hermanus, Onrus en Kleinmond het verskoning gemaak omdat hulle ook groot brande in hul omgewing gehad het. Alhoewel daar min mense was, is daar heerlik saamgekuier so sonder elektrisiteit. Niemand gaan die aand vergeet nie. Die volgende wense is dan ook die aand aan ons nuwe leraar oorgedra:

“In Gansbaai gemeente, ‘n hawe van God se genade, kom baie verhale bymekaar. Verhale van ou inwoners en hulle vissermans-stories, verhale van mense wat van baie plekke in die land en uit baie beroepe hier kom rus vind, verhale van boere en jongmense. Ons glo God skryf verder aan die verhale hier waar ons saam aanbid. Ook julle, Hanri, Elizabeth en Sumarie, word nou deel van die verhaal van Gansbaai gemeente en sy verskeidenheid. Ons hoop dat julle ook hier God se genade in die natuur en mense sal ervaar. In Psalm 139:13 beskryf die digter God as die Een wat ons aanmekaarweef, nie net individue nie, maar ook die skepping en die gemeenskap van gelowiges. Hanri en Elizabeth mag ons Drie-Enige God - die Wewer van die skepping - Gansbaai en haar mense mooi en goed inweef in Sy verhaal saam met julle. Ons ontvang julle as ‘n geskenk van die lewende God”.

Ds. Hanri het sy intreepreek op Sondag 13 Januarie 2019 gelewer. Die volledige preek is besikbaar op ons webblad xplorio.com/gansbaai/ng-church/. Kyk by blog posts vir die preek.

Seemeeu 1/2019: Diensaanvaarding en bevestiging Ds. Hanri Joubert

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles