Seemeeu 2/2019 : Geseënd is die . . .

Seemeeu 2/2019 : Geseënd is die . . .

NG Kerk Gansbaai

Makarios/ Salig/ Geseënd is die. . .

Matt 4:23 en 9:35 omraam Matt 5-7 en 8-9.  In Matt 4:23 en 9:35 lees ons dieselfde woorde :”Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk  verkondig en elke soort siekte  en kwaal onder die volk gesond gemaak.”

 Tussen hierdie twee teksverse vind ons die verkondigende, lerende en genesende aktiwiteite van Jesus Christus.   Die Saligsprekinge vorm die verkondigende(kerugmatiese)inleiding tot die bergrede in sy geheel.  Verder is dit die eerste groot toespraak van Jesus, wat so pas sy dissipels geroep het  met die doel om hulle vissers van mense te maak.  In hierdie konteks moet die funksie van hierdie aankondiginge van seën en geluk nou verstaan word.

Die merkwaardige en eintlik skokkende is juis dat hierdie toeseggings van seën en heil gedoen word aan hulle van wie dit  per definisie in die wêreld van daardie tyd(en vandag ook nog) nie verwag sou word nie.

Die betekenis van die woord Makarios is baie belangrik vir die verstaan van die saligsprekinge.  Die woord kan vertaal word met die woord “gelukkig”.  Uitleggers is van mening dat hierdie vertaling nie reg laat geskied aan die boodskap van die saligsprekinge nie. Die woord “gelukkig” kan verstaan word as die beskrywing van ‘n persoon se innerlike toestand.  Met ander woorde as  “Iets” wat jyself het.   Dit gaan in die uitspraak makarios egter om ‘n toesegging van heil en seën.   Jy ontvang  makarios. Die woord “geseënd” is om hierdie rede  meer van pas.  Die NAV gebruik dan ook die vertaling “geseënd”. Geseënd veronderstel dat Jesus die gesag het om deur Sy woorde die toestand van sy hoorders ingrypend te verander.   

Die aktualiteit van die saligsprekinge is geleë in die feit dat dit gelowiges help om nou reeds te kan leef as mense wat nie onderworpe is aan vrees vir die dood nie, maar as mense wat bereid is om afstand te doen van hul gewone sekuriteite, en teen die algemeen heersende ideologieë in te gaan.  Die saligsprekinge wil gelowiges bevry tot ‘n nuwe perspektief op die wêreld waarin hy/sy geroep is om as burger van die koninkryk van God te leef. Die geseëndes is hulle wat bereid is om ‘n naaste vir hulle medemens te wees, wat bereid is om op te offer vir God en naaste, bereid is om prys te gee, in te boet en selfs te ly.

Die saligsprekinge staan binne die breë verband van die bergrede.  Die saligsprekinge moet dus binne die konteks van die bergpredikasie gelees word.  Die Bergpredikasie moet weer verstaan word binne die konteks van die evangelie van Matteus.  Dit is onmoontlik om in die bestek van ‘n paar sinne die saligsprekinge en die bergpredikasie binne die konteks van die Matteus Evangelie, volledig te bespreek.   Enkele opmerkings kan help om die breër konteks te verstaan.  Dit gaan in die Evangelie van Matteus om die aanbreek van die Koninkryk van God.  Die Koninkryk van God vorm die raamwerk waarbinne geregtigheid vereis word.

Die bergrede dien as die beskrywing van die kwaliteit van hierdie lewe wat dissipelskap binne die sfeer van die koninkryk kenmerk.  Matteus beskryf die koninkryk as ‘n werklikheid wat alreeds in Jesus Christus aangebreek het, maar ook as ‘n werklikheid wat nog tot volle voltooiing moet kom in die eindtyd.

Die bergrede benadruk die  doen van die wet (Jy  moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en verstand…Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”) en die soek van die geregtigheid

Seemeeu 2/2019 : Geseënd is die . . .

Ds.Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

EduDen and the Butterfly Centre enjoyed a sports day of games and races on the Stanford Village Green. 

Grootbos Foundation
Anger Control and Emotional Healing Coaching

Anger Control and Emotional Healing Coaching

This is for you if anger is costing you more than you want to admit.

SASSA DATES FOR APRIL 2026

SASSA DATES FOR APRIL 2026

The South African Social Security Agency (SASSA) will be in the Overstrand on the following dates from 09:00 - 15:00.

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom home with beautiful wooden flooring.

Anger Is Not the Problem

Anger Is Not the Problem

Anger is not the problem, suppressed anger signals unmet boundaries and becomes destructive when not understood or expressed healthily.

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Looking for reliable, fast, and professional services for school or business? Look no further than PostNet Gansbaai.

PostNet Gansbaai
See All Articles