Toerisme Boodskap

Toerisme Boodskap

Gansbaai Courant

Ons is dankbaar vir al die besoekers wat Gansbaai as vakansieplek gekies het, dit is `n voorreg om u (weer eens) hier in ons pragtige omgewing te kan ontvang.

Ek vertrou dat elkeen, asook ons plaaslike inwoners, 'n Geseënde Kersfees geniet het en steeds met oorgawe vakansie hou en lekker sal uitrus. Ek glo ook u voel tuis by ons en geniet alles wat ons pragtige omgewing u elke dag bied. Dit wissel van die natuurskoon, tot vele aktiwiteite, staproetes, grotte en die “agterpaaie” in die omtrek.

Daar is lekker eet- en kuierplekke in ons omgewing, selfs langs die grondpaaie, Baardskeerdersbos en verder. Ook die weer gee vanjaar iets van alles. Daar is ook baie musiek-vermaak vir die hele gesin, geniet dit. Besoek asseblief ons Toerismeburo (langs die Spar-sentrum), waar die vriendelike personeel wag met baie inligting en uitstallings oor wat om te doen en sien. Daar is ook interessante kaarte oor buitelug-roetes wat gevolg kan word. Skakel hulle gerus by 028-384-1439 of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Ons webtuiste, www.gansbaaiinfo.com/ www.gansbaai.com kan ook besoek word. Ons gerieflike kantoorure is Saterdag,  29ste: 09:00-16:00; Sondag, 30ste: 10:00-14:00; Maandag, 31ste: 08:00-16:00; Dinsdag, 1ste: 09:00-14:00. Daarna sal dit weer die normale ure wees: Maandag tot Vrydag 08:30-17:30, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Ons plaaslike inwoners, besighede en diensverskaffers is gerat om u te laat tuis voel en in al u behoeftes te voorsien. Dwaal dus maar ook in die besighede rond en ontdek alles wat Gansbaai u kan bied.

Ons wens u elkeen 'n baie Voorspoedige 2013 toe, mag dit met elkeen van u baie goed gaan met alles wat u aanpak of beleef.  Dit is ook ons bede dat u reis huis toe ná die vakansie veilig sal wees, en dat ons u 'n volgende keer weer sal sien.

Johan Pieterse, (Voorsitter) en Komitee, Gansbaai Toerisme Buro

Toerisme Boodskap

Johan Pieterse, (Voorsitter) en Komitee, Gansbaai Toerisme Buro

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles