Bediening Sending en Uitreik

Bediening Sending en Uitreik

NG Kerk Gansbaai

Bediening Sending is by verskeie aksies betrokke:

PLAASBEDIENING: Tans is daar gesamentlik twaalf lidmate van die NGK en VGK by Plaasbediening betrokke.  Kerkdienste word elke 1ste en 3de Sondag van die maand in die Gemeenskapsaal van Baardskeerdersbos gehou. Nagmaal, Pinkster en ander spesiale dienste word gewoonlik deur ‘n predikant behartig. ‘n basaar  is op 19 Oktober 2019 gehou om fondse in te samel en weer terug te ploeg in Plaasbediening. Ons probeer om nog mense betrokke te kry wat bereid sal wees om die Woord te bedien en ook kategese te onderrig.

SILWERJARE BLOMPARK: Gedurende November word weer ‘n gesellige oggend met musiek en ete vir hulle aangebied.

BEJAARDES VAN HERBERG AAN SEE: Elke Woensdagaand word toebroodjies aan die bejaardes bedien.

THAILAND: Ernest Toerien wat tans in Thailand sendingwerk doen word deur die NGK Gansbaai met een deurkollekte per jaar ondersteun.

STRAATWERK: Ds Fourie Truter is betrokke by Straatwerk in Kaapstad en omgewing. Hy word deur die NGK Gansbaai  deur twee deurkollektes  per jaar ondersteun.

TRANSKEI: Ds Christo Wooding is ‘n predikant in Transkei. Hy woon in Kokstad. Hy bedien agt gemeentes  Vroeër vanjaar is twee predikante na Transkei beroep. Dit maak sy werkslading ligter.  Tans is ons besig om klere ensovoorts bymekaar te maak vir Transkei. Ons gemeente is betrokke by sy salaris. 

MAKHATHINI: Ds Louwrens van der Westhuizen is ‘n predikant in Makhathini. Ons gemeente is deel van die Makhathini Vennootskap. Daar is ongeveer 14 gemeentes betrokke by die Vennootskap.  Vroeër vanjaar is daar klere, handdoeke, linne, skoene, kombuisware ensovoorts by  Ds Louwrens afgelaai vir verspreiding waar nodig.

Bongenkosi Mthembu (Bongi) is ‘n evangelis in Makhathini. Hy het vier wyke wat hy bedien. Mense van Mosambiek kom gereeld sy dienste bywoon. Ons gemeente is betrokke by sy maandelikse salaris.  

Lindiwe, Bongi se vrou, het op eie inisiatief met ‘n kleuterskool begin. Die NGK Gansbaai het ‘n kerk by Kwandaba gebou. Weeksdae word die kerk gebruik vir ‘n kleuterskool en Sondae as kerk. Tans het sy 95 kindertjies in die kleuterskool. Die Vrouediens van die NGK Gansbaai  het haar finansieel ondersteun om te kwalifiseer as onderwyseres in Vroeër Kinderontwikkeling.

AS JY GEROEPE VOEL OM BY BEDIENING SENDING BETROKKE TE RAAK SKAKEL DS HANRI JOUBERT SEL: 061 058 1030 OF JOHAN HULME SEL: 082 881 1347. 

Bediening Sending en Uitreik

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles