21 Dae 21 Psalms: Dag 6

21 Dae 21 Psalms: Dag 6

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 6

1. Word stil. Maak jou oë toe en word bewus van jou asemhaling. Jy kan jou hande op jou ribbes plaas en voel hoe jou lyf beweeg. Dank God vir die asem van lewe.

2. Dank God vir 5 dinge in jou lewe hier en nou. Miskien dinge wat jy ‘n maand terug as vanselfsprekend aanvaar het.

3. Lees Psalm 22 stadig deur. Dit is ‘n langerige Psalm so moenie in versoeking verval om dit te spoedlees of net te “scan” nie. Dit help as jy hardop lees want dan lees jy outomaties stadiger.

4. Miskien klink van die gedeeltes vir jou bekend. Daar is baie aanhalings uit Psalm 22 in beide Lukas 23 en Matteus 27 se vertelling van Jesus se kruisiging. Dit is juis hierdie Psalm van verlatenheid wat taal gegee het vir Jesus se ervaring van verlatenheid en die kruisdood.

5. Is daar ‘n spesifieke reël of frase waarmee jy kan identifiseer?  Skryf dit neer.

6. Kyk of jy die draaipunt in die Psalm kan kry waar verlatenheid verander in lof.

7. Lees die gedeelte uit ‘n meditasie wat ek die afgelope tyd geskryf het:

Die bekende Duitse teoloog, Jurgen Moltmann was ‘n in ‘n Britse kamp tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het homself nie werklik as ‘n Christen beskou nie en as ‘n jong man wegbeweeg van die geloof. In die kamp was daar wel ‘n Nuwe Testament en Psalms beskikbaar. Hy het die Psalms gelees en die rouheid daarvan het hom getref. Hy het besef dat hy meer van die God wil leer voor wie jy eerlik jou vrese, angste, twyfel en ongeduld kan verwoord; voor wie jy niks hoef weg te steek nie.

8. Iemand het eendag geskryf dat Jesus van God verlate was sodat niemand ooit weer van God verlate sal wees nie. Kom ons onthou: God is ook in die niks. Ons ervaring dat God soms ver is is bloot ons sintuiglike en gemoedspersepsie, nie die realiteit nie. God is altyd nader aan jou as jou eie asem.

21 Dae 21 Psalms: Dag 6

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles