Die Woord as Brood - Kerk Diens

Die Woord as Brood - Kerk Diens

NG Kerk Gansbaai

Teks:   Ps  19,  Lukas 24,  Joh 6

Sondag 25 Augustus 2013 is Bybelsondag.  Vandag sê ons as kerk weer dankie vir die Here vir Sy Woord.   Vir die rol wat die Woord oor jare en tot vandag toe in mense se lewens gespeel het.    Veral die feit dat dit die geestelike voedsel was wat ons  honger stil. Soos iemand dit gestel het na ware lewe en ons dors stil na oorvloedige blydskap.   Ek wil ook hierby aansluit vandag en julle vra om saam met my aan die hand van die Skrif na te dink oor die betekenis van die Woord as voedsel  wat ons honger stil en ons dors les. Dit is nogal merkwaardig hoe die Skrif daaroor praat.

In hierdie verband kan ons na die volgende kyk: In Eseg 2:8 lees ons die volgende na aanleiding van die opdrag van Esegiël  “en jy mens, luister na wat ek vir jou sê.  Moenie weerbarstig wees soos hierdie weerbarstige volk nie, maak oop jou mond en eet wat Ek jou gee.   Die stem het vir my gesê: Mens eet wat voor jou is, eet hierdie boekrol en gaan praat met die mense van Israel.   Ek het my mond oopgemaak en die boekrol geëet”.   En dan lees ons hy  het dit gedoen en gevind dat dit soet was soos heuning in die mond.

Ons het uit Ps 19 gelees “Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar, dit gee wysheid aan die wat nog onervare is. Die bevele van die  Here dui die regte koers aan; dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder, dit gee insig.  Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit die heuningkoek.

In Spreuke lees ons weer die volgende: Spreuke 9: “Wysheid het vir haar ‘n huis gebou met sewe klippilare. Sy het geslag en wyn reggesit, sy het haar tafel gedek en haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep.    Kom hierna toe  almal wat nog moet leer!. En vir die wat kennis kortkom, het sy gesê:  Kom eet by my,  drink van die wyn wat ek reggesit het.    Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!”.

Hierdie woorde herinner ‘n mens aan Jesus wat Sy dissipels leer dat ons nie leef van brood alleen nie,   maar van die woorde wat uit die mond van God kom.   Hy het ook sy dissipels geleer dat sy eie voedsel is om die wil van die Vader te doen.   In Hebr lees ons van hoe die skrywer die gelowiges aanmoedig om ‘n smaak te ontwikkel  vir vaste kos eerder as melk, dus van die basiese waarhede van die evangelie na die volle inhoud van die evangelie.    Volgens Johannes het   Jesus Homself beskryf as die Brood van die lewe.   Daarvan lees ons in Joh 6. . .  Nadat Jesus die skare gevoed het, stroom hulle na Hom.  Hulle soek Hom omdat hulle van die brood geëet het,  maar hulle moet eerder werk vir voedsel wat nie vergaan nie, maar wat die ewige lewe gee.  As hulle Hom herinner aan Moses en die manna, sê Hy dat dit nie Moses was wat die  volk destyds gevoed het nie , maar sy Vader wat die brood uit die hemel gee.   As hulle dan ook van die brood wil hê wat uit die hemel kom ,  en aan die wêreld lewe gee,  sê Jesus:  Ek is die Brood wat lewe gee.  Wie na  My toe kom , sal nooit weer honger kry nie  en wie in My glo sal nooit weer dors kry nie.   As hulle dan mor daaroor,  dan verseker Hy hulle nog eens dat hy die die brood is wat die lewe gee, nie soos met hulle voorouers wat die manna geëet en tog gesterf het nie, maar die lewende brood wat van die hemel kom sodat iemand wat daarvan eet ewig sal lewe.     Die brood wat Hy gee is Sy liggaam.   As dit dan vir sommige te erg is wat Hy sê,  vra Hy vir die twaalf  of  hulle dan nie ook maar wil weggaan nie. Petrus antwoord  met die woorde. . . wat die belydenis van die kerk van die eeue sou word:   Here na wie toe sal ons gaan . U het die  woorde wat die ewige lewe gee.   Die brood van die hemel, die brood van die lewe, is die woorde van Jesus, die woorde van sy mond, en die woorde van sy liggaam en bloed.    Dan dink ‘n mens ook aan die maaltye saam met die dissipels tydens sy aardse bediening, en daardeur die  aanvaarding en die liefde  daadwerlik aan hulle verkondig het.   Maar ook die maaltye na Sy opstanding wanneer hy brood met hulle breek en hulle voed met die brood van die lewe. 

In sy boek Neem, Lees, skryf Prof Dirkie Smit oor die beeld van die Woord as brood: In die Bybelse woorde, in die getuienis van die prediking en in die sigbare tekens van die sakramente word hierdie  beloftes werklik ontvang, ontvang ons werklik hierdie voedsel en hierdie  drank, word ons inderdaad gespysig  en gelaaf  deur die lewende teenwoordigheid  van die lewende God self, word ons honger na ware lewe werklik gestil  en ons dors na oorvloedige blydskap werklik versadig.  Dit het die gelowiges deur die  eeue ervaar.    Dit het die gelowiges deur die eeue bely.  In die evangelie, wat ons hoor en smaak, ontvang ons inderdaad vir Jesus Christus self, die brood van die lewe. 

Daarom is die Bybelse woorde inderdaad vir gelowiges die lewensbrood.     In die verband  bly die lied van die kerk  U het die brood gebreek darem veelseggend, en druk dit pragtig uit wat die kerk  oor die woord sou bely:

U het die brood gebreek eens by die meer, breek nou die lewensbrood vir my ook Heer.
Wil steeds U waarheid meer aan my ontvou tot ek ook in u Woord my Heer aanskou.
U is die lewensbrood, Heiland vir my.   U is die waarheid  Heer, u maak my vry.
U beeld straal uit die Skrif so helder voort, u soek ek Heer, Uself ,  o lewend Woord.

Die woorde van die Walliese gesang  Guide me  O Thou great Jehova  is in hierdie verband ook merkwaardig:
Guide me o great Jehovah, pilgrim through the barren land.
I am weak, but Thou art mighty, hold me with Thy powerful hand
Bread of heaven, Bread of heaven,   Feed me till I want no more.

Dit is darem pragtig. . .   U het die brood gebreek eens by die meer, breek nou die lewensbrood vir my ook Heer. . . Bread of heaven, feed me till I want no more. . .

Daarom sal die gebed gedurig wees dat die Gees inderdaad die boodskap van die woord  tot voedsel en drank sal maak  vir ons. Dat die Here deur die Gees ons daarmee sal help. Daarvoor bid ons dan ook voor ons Bybel lees, voor ons na die boodskap uit die woord luister.  Gedurig deur, want dit is ten diepste die Gees wat ons voed, deur die prediking  en deur die sakramente. Luister daarom na die volgende gebed:

Here Jesus Christus, genadige en barmhatige God. Ons dank U vir u genade.Dat u ons op hierdie  Sondagoggend bymekaar gebring het om die evangelie boodskap te hoor.   Ons bid dat ons deur die Heilige Gees  u Woord in ons harte sal ontvang as ‘n woord wat elkeen van ons raak; dat dit nie oor ons sal spoel asof ons doof is nie, gee liewer Heer  dat ons u waarheid ter harte sal neem, want daar is vir ons niks so goed as om nederig voor U te bly nie. Net u alleen hef ons op en maak ons nederig.   Ja,die Gees voed ons deur die Woord  en daarom vra ons gedurig, ook vanoggend, En ons gebed sal wees om nog meer en meer daarvan  te ontvang.  Want wie eemaal  deur die Gees die wonder van die Woord gesmaak het, verlang na nog meer. . . wie eenmaal deur die Gees die teenwoordigheid van God met ons geproe het, verlang na meer. . .

Op hierdie Sondag sê ons vir die Here dankie vir Sy Woord. . . Ons sê dankie vir die werking van die Woord wat ons deur die werking van die Gees versadig en verkwik. En dat die Here deur Sy Gees sal voortgaan daarmee en dat ander wat dit nog nie gesmaak het nie, dit ook sal smaak. Maak ons daarom getuies van U Woord. . .

Die Woord as Brood - Kerk Diens

Ds Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles