Afrika Pikkewyn inisiatiewe

Afrika Pikkewyn inisiatiewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Voorbeeld van ‘n mensgemaakte pikkewynhuisie deur Dyer Island Conservation Trust se Faces for Need projek

Tydens die onlangse Mariene-aand deur Dyer Island Conservation Trust (DICT) in die Great White House, is “Afrika Pikkewyn Inisiatiewe” deur Alouise Lynch aan die gaste oorgedra. “Die aanbieding het hoofsaaklik op ‘n kortlikse verduideliking van die historiese en huidige gevare wat ons pikkewynbevolking in die gesig staar, gefokus,” sê Alouise.

Die volgende is enkele van die interessante feite wat sy in haar aanbieding weergegee het: 16 bekende spesies kom in die Suidelike halfrond voor en al 16 is onder bewaring, met 4 wat as bedreigde spesies beskou word, waarvan die Afrika Pikewyn een is. Laasgenoemde is endemies in Suider Afrika en kom vanaf Namibië tot by Port Elizabeth in 26 kolonies voor. Gedurende die vroeë 1900’s was daar ‘n geskatte populasie van 700,000 Afrika Pikkewyne, maar dit het gedurende die afgelope 100 jaar met 94% gedaal.

In Dyer Island se geval het die populasie sedert 1970 van 70,000 individue na 1,400 gedaal, wat inderdaad kommerwekkend is. “Historiese bedreigings was onder andere die verwydering van guano en die oes van pikkewyn-eiers. Tans is die belangrikste bedreigings vir die Afrika Pikkewyn die kompetisie met Pelagiese visserye vir sardyn en anchovis, olie-besoedeling en -storting, kompetisie met robbe, asook die gevare wat roofvoëls inhou.” Met die verwydering van guano kan die pikkewyne nie meer veilig broei nie en broei nou bo-op die grond, wat hulle des te meer kwesbaar vir ander omstandighede maak, aangesien hulle nie op die neste kan bly sit nie. DICT het lankal reeds met mensgemaakte pikkewynhuisies begin, wat reeds uitstekende resultate behaal het.

“Ons voer ook etlike reddingsaksies uit en vervoer beseerde pikkewyne en seevoëls na SANCCOB in Kaapstad, met sowat 27,000km wat al op eie koste vir hierdie doel afgelê is,” sê Alouise. “Dit is dan ook die motivering vir die bou van ‘n African Penguin and Seabird Sanctuary in Gansbaai waar onmiddelike aandag aan rehabilitasie en versorging gegee kan word alvorens hulle weer vrygelaat kan word.” Gansbaai Courant sal nader aan die tyd oor hierdie onderwerp rapporteer.

Hardus Botha

Afrika Pikkewyn inisiatiewe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

Witness a spectacular once-in-two-decades fynbos revival.

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026

Golf Competition Results for 6 - 9 May 2026.

Gansbaai Golf Club
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
April Shark Sightings and Ocean Magic

April Shark Sightings and Ocean Magic

Here’s your quick Shark Team ocean update, with the full sighting's breakdown available in the attached infographics.

White Shark Projects
International Firefighters’ Day | 9 May 2026

International Firefighters’ Day | 9 May 2026

Although organised firefighting dates back over two millennia, International Firefighters’ Day was first marked on 4 May 1999...

Gansbaai Tourism
See All Articles