Met dapper en stapper

Met dapper en stapper

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ena Geldenhuys neem die donasie in ontvangs.

Lede verbonde aan die SAPD Gansbaai neem al vir die afgelope drie jaar deel aan die Kannaland vasbyt wat te Ladismith (Kaapprovinsie) plaasvind. Dit behels die stap van 75km wat oor 2 dae strek. Die eerste dag word daar 40km gestap en die daarop volgende dag 35km.

Die lede neem hul stap baie ernstig op en probeer om elke jaar op hul tye te verbeter. Hierdie jaar het hulle besonders goed gevaar. Die eerste dag se 40km was in 'n tyd van 5 uur 43 minute voltooi. Die volgende dag was die afstand van 35km in 5 ure 7 minute afgelê.

Die lede poog elke jaar om donasies in te vorder vir hierdie geleentheid. Na die voltooiing van Kannaland word surplusfondse geskenk aan liefdadigheidsorganisasies. Hierdie jaar het die lede ooreenstemming bereik om hierdie betrokke donasie te skenk aan Gansbaai Tuisversorging. Hulle is betrokke by onder andere die tuisversorging van pasiënte wat bedlêend of verswak is. Hulle verrig 'n enorme taak en die spanlede wil hierdeur ook hul waardering teenoor die persone uitspreek vir wat hulle vir die gemeenskap doen. Ena Geldenhuys het die donasie ontvang.

Vir enige navrae kan Ena by 073 097 2277 gekontak word.


Die SAPD Gansbaai se dapper stappers

Met dapper en stapper

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles