Liedjieboer Rumoer

Liedjieboer Rumoer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die derde reeks van 13 programme van  Liedjieboer Rumoer op RSG het Maandag begin. Liedjieboer Rumoer is 'n kultus musiekreeks met musiek wat nie op die algemene speellyste voorkom nie.

Die eerste een was algemeen en oor verskeie genres, die tweede reeks was  oor singer-songwriters en die derde een wat 7 Oktober begin, gaan oor bands - vanaf AC/DC tot ZZ Top en alles tussenin. Uit die aard van die saak is dit moeilik om vas te stel hoeveel bands daar tans in moderne musiek is oftewel binne die wye definisie van rock. Daar is ook verskeie genres binne die speelveld van rock, o.a. heavy metal, folkrock, countryrock, indie, alternatief, grunge, punk, ens.

Om hierdie hele speelveld in 13 programme te dek en reg aan te laat geskied, is haas onmoontlik, so die programreeks sal elke aand fokus op een van die grotes bv Led Zeppelin, Rolling Stones, Pearl Jam ens, asook van die nuwe bands soos Alabama Shakes, Of Monsters and Men, Mumford and Sons, Vampire Weekend, Noah and the Whale, Florence and the Machine, ens. Dit laat dan ook ruimte vir bands wat dalk nie so bekend is as die grotes nie, soos Flogging Molly, Tool, Little Feet, Bullet for my Valentine, Union Station,ens.

Die eerste episode sal soos voorheen 'n algemene inleiding wees. Bands wat nie 'n onafhanklike eenheid is nie maar net ondersteuend vir 'n sanger is  buite rekening gelaat, asook elektroniese bands wat nie van regte instrumente gebruik maak nie.  Soos in die vorige reekse word die musiek toegelig met interessante feite rondom die werk en kunstenaars. Die programreeks word opgeneem en verpak in Gansegat in Walkerbaai.

Dus, Maandagaande tussen 9 en 10 op RSG is dit tyd vir jou kultus muti musiekinspuiting met jou gasheer, Anton Goosen.

Liedjieboer Rumoer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles