Ontmoeting met Heiliges

Ontmoeting met Heiliges

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is prof Robert Vosloo en dr Lisel Joubert. Agter vlnr is Nicolette Bosch van Gansbaai Book Exchange, Deon Joubert saam met Tersia en Johan Coetzee van Naledi Uitgewers

Die bekendstelling van Lisel Joubert (dr) se boek, Ontmoeting met Heiliges, het tydens ‘n gesellige funksie in Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch plaasgevind. ‘n Groot aantal gaste het die verrigtinge bygewoon en nadat die formaliteite afgehandel is, is daar gesellig met verversings saamverkeer. Lisel is deur haar eggenoot, Deon en hulle kinders, Maya en Frederik (aan wie sy die boek opgedra het), asook haar ouers, Theuns en Anita Kruger vergesel. Die uitgewer van die boek, Johan Coetzee van Naledi Uitgewers en sy eggenote, Tersia was ook teenwoordig, asook prof Robert Vosloo, dosent in Ekklesiologie aan die Fakulteit Teologie, US.

“’n Boek soos hierdie kan in sentiment verval, wat hier nie die geval is nie,” het prof Vosloo gesê. “Mense leef in vergeetagtigheid oor Bybelse kontekste en hierdie boek dra by tot die verstaan daarvan en derdens kan ‘n boek soos hierdie ‘n versoeking wees om Christelikheid te vergeestelik, maar nou word die leser daaraan herinner hoe diep hierdie ‘heiliges’ werklik gedryf is. Lisel se boek handel oor verhale van hoe spesifieke mense hulle geloof geleef het. “Waarom word sekere mense deur hulle tydgenote en ook deur latere generasies as ‘heiliges’ onthou? In hierdie boek nooi ek die leser om saam daaroor te wonder.” - Lisel. Naas etlike interessante agtergrondginligting, asook verduide-likings oor die begrip “heiliges” vanuit verskeie perspek-tiewe, word bykans 60 “heiliges”, bekendes en minder bekendes, volledig bespreek. Enkele voorbeelde hiervan is Martin Luther, Johannes Calvyn, John Wesley, Augustinus en Karl Barth.

“Ek is oortuig daarvan dat hierdie lewensverhale van gister ook ons lewensverhale van vandag kan verryk - al kan ek my nie vereenselwig met die insigte en optrede van ál die persone van wie ek hier gaan vertel nie,” - Lisel. Die boek is teen R160 by Gansbaai Book Exchange (084-778-2810), Gateway Centre beskikbaar.

Hardus Botha

Ontmoeting met Heiliges

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles