Soos dou... werk die Heilige Gees

Soos dou... werk die Heilige Gees

Gansbaai Courant

“Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, HERE, hulle sal opstaan. Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is! Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, HERE, die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.” 

(Jesaja 26:19)

Toe ek vanoggend vroeg opstaan en buitetoe gaan...sien ek die wonderwerk!  Ek stap vir die eerste keer in jare oor die nat gras en besef: Die HERE se wonderwerke hou nie op nie – dit gebeur voor ons oë elke nag! DOU op die gras, die plante, die aarde! Sonder dat ons dit agterkom, vorm daar deur die nag dou en die aarde word nat. ’n  Wonderwerk van GOD! Besef jy dit is ook hoe GOD, die Heilige Gees, in ons lewens werk? Sonder dat ons dit agterkom vorm die Heilige Gees in ons lewe druppels van seën en krag – en ons wat droog en dor is word natgemaak deur Sy liefde! Ja, terwyl ons slaap, werk die dou – so ook die Heilige Gees om dié wat besig is om te sterf, weer nuut te maak!

In Israel en ook groot dele van die aarde, is dit woestynagtig. Daar is ’n baie lae reënval. Daarom is dou in sulke woestyngebiede dikwels die enigste bron van water – en hoe min of skaars die dou ook al is, dit geen lewe. Hoe gebeur dit? Die dou wat in die nag gevorm word, gaan lê op die grassies, plante en blare. Voor die son te warm word vorm dit waterdruppels wat dan teen die blare en stingels afhardloop – tot in die wortelstelsel waar die dou dan groei veroorsaak. Die wortels laat weer vrugte te voorskyn kom.

GOD se Heilige Gees beweeg ook in jou hart in – en dan vul dit jou hele lewe met ware geestelike krag – onsigbaar – maar só doeltreffend. Hoe meer jy GOD vra om jou met Sy Gees te vul, hoe oorvloediger word die vrugte in jou lewe. Soos die aarde wag op die dou van elke nag, kan jy maar net wag dat GOD se krag jou vul.  Jou gebed moet een wees van: “Kom Skeppergees, kom waai deur my, vul my meer en meer met U krag .”

Sonder die kragtige werking van ’n amper onsigbare krag, die dou, sal die aarde verdor en doodgaan. Hoeveel te meer nie ons as kinders van die HERE Jesus Christus nie. Ons moet elke dag verlangend en soekend die krag van GOD in ons lewe innooi. Ons moet Sy Woord lees en in gebed verkeer –sodat GOD se volk weer lewend kan word!

“Kom, o Heilige Gees, kom vul my nou!”

Soos dou... werk die Heilige Gees

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles