Vaalvlei se Wyne

Vaalvlei se Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is Wilton Phillips, Leandri Havenga, Wynand Bezui-denhout, Mervyn Hess, Garren Verhoog en Zayed Heynes. Agter vlnr is Tokkie Oosthuizen, Naas Terreblanche, Helmie de Vries, Anneri Harding-Male, Almero Oosthuizen, Hanette van Deventer en Jan le Roux.

Gansbaai Wynproegilde se eerste wynproe-aand vir 2014 is met ‘n kort vergadering afgeskop, terwyl Koelenhof Wynkelder se wyne as ‘n “smaaklike bonus” geniet is.

Onder Helmie de Vries (voorsitter) se leiding is die volgende besluite geneem: (1) Die Dagbestuurslede wat aanbly is Helmie de Vries (voorsitter), Daan Oosthuizen (tesourier) en Hardus Botha (media). Steve Serbon was nie weer beskikbaar as addisionele lid nie en Smartryk (Smartie) Genade is as addisionele lid verkies. (2) ‘n Donasie ten bedrae van R5,000 aan Gansbaai CAD is goedgekeur. (3) Ledegelde bly onveranderd: R350 (enkel) en R700 (paartjie) per jaar. (4) Die tarief van R80 per ete is na R100 per ete verhoog. (5) Vanjaar se wyntoer in die omgewing van Botrivier op Vrydag, 28 Februarie 2014 is goedgekeur (meer besonderhede later).

Daarna het Helmie vir Naas Terblanche en sy eggenote, Elsabé, bekendgestel. Naas is nie ‘n opgeleide wynmaker nie, maar ‘n veekundige met ‘n M.Sc-graad. Sy liefde vir wyn het die oorhand gekry en in 2005 koop hy ‘n “klein” wingerdplaas, Vaalvlei, by Stanford. Die eerste wyn wat geproe is, was dié van Naas se vriend, Willie du Preez se Brunia Sauvignon Blanc 2011. Daarna het Vaalvlei se wyne aan die beurt gekom: Sauvignon Blanc 2013, Shiraz 2011, Shiraz 2012, Shiraz Reserve 2012 en Cape Vintage Shiraz (Port) 2012.

Die gaste het Vaalvlei se wyne deurgaans met ‘n sterk silwer bekroon. Gansbaai Academia se flukse leerkragte het gesorg vir ‘n puik ete en uitstaande kelnerdiens: Die knap chefs - Anneri Harding-Male, Hanette van Deventer, Helena Segal, Zayed Heynes, Ricardo Damons en Mervyn Hess; Die flinke kelners - Leandri Havenga, Wynand Bezuidenhout, Garren Verhoog en Wilton Phillips. Die spyskaart het bestaan uit Mushroom & Broccoli Rolade (voorgereg), Texan rib en bykomstighede (hoofgereg) en brandewyntert met room (nagereg). Helmie sorg deurgaans dat die wynproegilde se lede deeglike wynkennis opdoen, maar kon nog nooit daarin slaag om hulle die “spoegbakke” te laat gebruik nie. Tydens hierdie byeenkoms het iemand wel sy wyn in die “spoegbak” uitgegooi, met klublid Clive Bailey wat terstonds gesê het: “Een minuut stilte, asseblief!”

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Vaalvlei se Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles