Fraternal 2014

Fraternal 2014

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ds Dennis Naidoo wat vir 2014 weer tot voorsitter van Gansbaai Ministers Fraternal verkies is

Die begrip “Fraternal” behoort al sinoniem met alle kerke in en om Gansbaai te wees. Gansbaai Ministers Fraternal is lankal reeds weer goed op dreef en ook nou slaggereed vir goeie samewerking gedurende 2014.

Ds Dennis Naidoo is weer tot voorsitter verkies en hy en sy bestuurspan is gretig om vanjaar nóg beter onderlinge samewerking tussen die verskeidenheid van kerke te bewerkstellig.

Ds Naidoo verwys na Joh 17:21: “…dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en ek in U, dat julle ook in ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U my gestuur het”. “Wat ‘n uitroep van die Meester. Sy hartklop vir Gansbaai is dat ons almal tot eenheid mag kom. Dit beteken nie dat ons een kerk word nie, nee, die doelwit is om ‘n inklusiewe eenheidsvorm te vestig met vennootskaps-samewerking wat die kritiese gemeenskapsontwikkelings-probleme en behoeftes kan identifiseer en ooreenkomstig die beginsels van gesamentlike beplanning en implementerings-behoeftes te help aanspreek,” het hy gesê.

Hy nooi alle kerkleiers uit om deel van hierdie inisiatief te wees sodat ‘n daadwerklike verskil in die gemeenskap gemaak met verwysing na onder andere armoede, dwelms en ongeregtighede gemaak kan word. “Ons strewe is beter psigiologiese, fisiese, finansiële en geestelike ontwikkeling vir die gemeenskap.” Ds Naidoo wys kerkleiers daarop dat hulle elke Woensdagoggend om 06:00 by die AGS Blompark te Proteastraat, agter Silwerjare, vir een uur bymekaarkom om vir die dorp te bid. Elke laaste Donderdag van die maand vergader die Fraternal om 18:00 uur vir samesprekings. Dan beplan hulle ook ‘n Sake-ontbyt vir 14 Maart 2014, waarvan meer besonderhede later bekendgemaak sal word.

Navrae rakende Gansbaai Ministers Fraternal kan aan ds Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.

Hardus Botha

Fraternal 2014

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles