Gholfklub se Steakaand

Gholfklub se Steakaand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Om die braaivleisvuur”, met die braaiers, Daniel van der Merwe en Jakkie Beukes links

“Dit was een van ons mees genotvolste aande by die gholfklub vandat ek 11 jaar gelede ‘n lid geword het, of op die bestuur gedien het,” vertel Bev Swart, Klubkaptein van Gansbaai Gholfklub.

“Die steak-aand wat gereël is, was ‘n eerste poging van hierdie aard en dit was ‘n groot en gesellige sukses.” Bev sê afgesien van die jongmanne met hulle “mooi vrouens”, het die grasperk voor die klubhuis gewemel van kinders wat uitbundig gelag en gespeel het. Teen die tyd wat die lede-trekking moes plaasvind, het die mamma’s hulle hande vol gehad om die kinders in die klubhuis te kry. “Daarna was dit net ‘n heerlike gesmul aan die sappige steaks en slaaie en daar is tot laataand gesellig saamgekuier, ongeag die klubkampioenskappe wat die volgende oggend op die gholfers gewag het,” sê Bev.

Hy rig graag die volgende bedankings aan almal vir hul goeie en ordelike reëlings wat die suksesvolle aand moontlik gemaak het: Jannie Brandt (uitstekende reëlings wat baie vir die klub beteken, betrokkenheid aan die sosiale kant en getroue hulpverlening aan die Klubkaptein); Awie en Ria van der Merwe (altyd bereid om die verantwoordelikheid van die broodtafel of slaaie sonder vergoeding op hulle te neem); Jakkie Beukes en Daniel van der Merwe (sappige steaks, plus die perfekte braai daarvan); Die 2 kroegpersoneellede (bereidwilligheid om tot laatnag sonder klagtes te werk, wetende dat hulle die klubhuis vroeg die volgende oggend weer moes oopsluit); Hardus en Anita Botha van Gansbaai Courant (teenwoordigheid); Alle getroue Vrydagaand-ondersteuners en al die nuwe jong gesigte wat saam kom kuier het.

Vir klubnavrae kan Jannie Brandt by 028-384-1441 geskakel word.

Hardus Botha

Een van die tafels waar daar gesellig saamgekuier is tydens Gansbaai Gholfklub se suksesvolle Steak-aand

Gholfklub se Steakaand

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles