Belangrikheid van Trauma Berading

Belangrikheid van Trauma Berading

Gans-Berg Nuus / News

image left

Belangrikheid van Trauma Berading

-Gansbaai SAPD-

“Die belangrikheid van trauma-berading moet nie onderskat word nie,” sê Sers Abigail Naidoo, Overberg Distrikskommunikasie-offisier van Gansbaai SAPD. “Ons gemeenskap moet bewus wees van die belangrikheid daarvan, aangesien baie mense verskillende soorte trauma ervaar, veral met verwysing na die afgelope tyd se verkragtings, en nie bewus is van die gratis dienste wat in hierdie verband deur Gansbaai SAPD aangebied word nie.”

Sers Abigail het vanaf 11 tot 15 Maart 2024 ‘n weeklange kursus by die Trauma- en Krisiseenheid in Grabouw suksesvol deurloop. ‘n Vrywillige gemeenskapslid, me D Josephs, het dieselfde kursus deurloop. Die fasiliteerder van die kursus was Nozuko Mdibani, ‘n Maatskaplike Werker van die Traumasentrum in Kaapstad, onder leiding van Kol T Paulse, Provinsiale Hoof FPR van geslagsgebaseerde geweld en slagofferbemagtiging.

“Onder andere behartig ek gesinsgeweld, beskermingsbevele en slagoffervoorligting in Gansbaai,” het Abigail gesê. “Ek wil graag beklemtoon dat gemeenskapslede my vir gratis berading sal kontak, wat ook vertroulik hanteer sal word.”

Enige tyd wat berading benodig word, kontak asseblief Sers Abigail Naidoo van Gansbaai SAPD by 028 384 8420.

Hardus Botha

Foto: Nozuko Mdibani (Fasiliteerder), Abigail Naidoo en Kol T Paulse.
 

Belangrikheid van Trauma Berading

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles