Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc Wen Goud

Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc Wen Goud

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kobus Gerber, Lomond Wynmaker

Die Lomond-wynlandgoed het nóg goud by sy versameling medaljes gevoeg toe dit weer eens die wennersverhoog betree het op die gesaghebbende Concours Mondial du Sauvignon in Frankryk. Hierdie keer het die 2012- Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc met die louere weggeloop. Dit volg op die goue medalje wat die landgoed verlede jaar op dieselfde kompetisie ingepalm het waar die sterre onder ’n verskeidenheid internasionale sauvignon blanc-wyne aangewys word.

Die Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc 2012 se druiwe kom uit ’n enkele wingerd wat deur ’n unieke klimaat en voedselryke grond gekoester word. Lomond, geleë in die Uilenkraalriviervallei, is slegs een van ’n handjievol produsente wat die Kaap Agulhas as plek van oorsprong op hul etikette mag gebruik. Die streek se koel seebriese tydens die somermaande en verskeidenheid van gruisagtige grondsoorte maak dit ideaal vir enkelwingerdwyne.

“Ons is verheug deur hierdie jongste goue medalje,” sê Lomond se wynmaker, Kobus Gerber. “Die 2012- Sugarbush Sauvignon Blanc sal onthou word vir sy buitengewone mineraliteit en vuursteenagtigheid wat die ligging van die wingerd weerspieël. Die wyn, wat twee jaar in die bottel verouder het, is ’n puik voorbeeld van hoe goed sauvignon blancs kan verouder.”

Die Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc, wat na die protea vernoem is wat op die plaas groei, het nog altyd goed gevaar in kompetisies en wynskoue sedert dit in 2005 vir die eerste keer gemaak is. Van die toekennings wat ingepalm is, is ’n trofee op die Old Mutual Trophy-wynskou, die Gran D’Or op die Michelangelo International Wine Awards en dubbelgoud op Veritas.

Die landgoed se ander wyne geniet ook wyd erkenning. In 2013 het Lomond se 2011- Cat’s Tail Syrah ’n goue medalje op die Decanter World Wine Awards in Londen gebuit, terwyl die 2012-oesjaar van die Lomond Sauvignon Blanc ’n goue medalje op die  Concours Mondial du Sauvignon losgeslaan het. Lomond se wyne het ook drie goue medaljes op verlede jaar se Veritas gewen.

Hierdie prestasies spreek van ervare en kundige wingerdbou- en wynmaakpraktyke, asook respek vir die grond. Lomond is lid van sowel Walker Bay se fynbosbewaringsgebied as die Biodiversiteits- en Wyninisiatief (BWI) wat produsente beloon vir volhoubare wynboupraktyke. Dit pas ook die beginsels van IPW (die geïntegreerde produksie van wyn) toe. Die IPW is ’n vrywillige omgewingsvolhou-baarheidskema en Lomond pas die beginsels ten opsigte van pes- en siektebeheer in sy wingerde toe.

Vanjaar het die Concours Mondial du Sauvignon meer as 50 beoordelaars van 15 nasionaliteite gehad wat 751 inskrywings beoordeel het voordat aan die Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc 2012 die gesogte goue medalje toegeken is.

Die wyn bied aromas van sitrus, groen soetrissie en groen vye in die neus terwyl sy mondgevoel volrond, vars en skoon is, en dit soet eindig. Dis perfek op sy eie of met kos soos pangebraaide vis of oondgeroosterde hoender en suurlemoen, of selfs nagereg.

Die wyn kos sowat R110 per bottel en is landwyd beskikbaar by vooraanstaande drankwinkels.

Lomond is deel van Cape Legends Fine Wines, ’n uitgebreide versameling van uitmuntende, veelbekroonde wyne van verskeie boetieklandgoedere in en om die Kaapse wynlande.

Vir meer inligting oor Lomond en sy wyne, besoek www.lomond.co.za.

Meer besonderhede oor die puik wyne van Cape Legends kan gevind word by www.capelegends.co.za.

Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc Wen Goud

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles