Kerkhorlosie baat by Sneeuwitjie

Kerkhorlosie baat by Sneeuwitjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die herstelkostes van die NGK se kerkhorlosie het tydens die onlangse opvoerings deur die NGK Kerkkoor ‘n goeie hupstoot gekry. “Die bedrag wat tydens die twee dae opgelewer is, maak al die voorafgaande harde werk en vele oefensessies alles die moeite werd,” het Aletta Lochner, koorafrigter en ook regisseur, gesê. Die koor het ‘n skreeusnaakse klugspel-operette, Sneeuwitjie en die 7 Bergies, opgevoer. Aletta het self die toneelstuk aangepas en ook self die bewoording vir die vele liedere wat gesing is, geskryf. Die twee aande is baie goed ondersteun, asook die wynveilings wat aangebied is. Die verversings wat gedurende die pouses verkoop is, is deur die Gansbaai Goue Hande voorberei en verkoop. Die dameslede van die koor het vir die agtergrondsang gesorg, met die manlike koorlede wat die rolvertolking gedoen het.

Alle rolspelers het hulself uitmuntend van hul taak gekwyt en saam met die uitstaande dekor van die “woud” en Bergie-huis op die verhoog, asook die voorportaal, het alles tot ‘n suksesvolle twee aande bygedra.

Die volgende bedankings (alfabeties) word voorgehou: Begeleiers (Annelene Reinke, klavier; Dirk Büchner, kitaar; Jack White, trompet; Thys de Villiers, verteller); Gansbaai Courant (beriggewing en foto’s); Gansbaai Melodrama Kinder Trustfonds (verskeie verhoogitems); Gansbaai OK Foods (kratte); Goue Hande (verversings tbv HaS); Hulpverlening (Cilliers Bruwer; Dames vir klere, grimering, kaartjieverkope; Das van Dyk; Dawie & Amanda le Roux; Dirk & Eva Büchner; Hennie Lochner; Jannie & Leonie Botha; Rensia van Jaarsveld; Thys Fourie & Marie Reid van Marie’s Boutique); Klank & beligting (Michael en Conrad Geldenhuys); NG Kerk (Wilna Swanevelder & Maritha Kriel; Saal); NGK Kerkkoor (Aletta Lochner as dirigent, afrigter, regisseur; Dameskoorlede, sang; Manskoorlede, toneelspelers; VGK Mannekoor, sang); Verhoog-dekor & voorportaal (Anita Botha en helpers); Wynskenkings (Rietvallei Wyne, Christine Bruwer; Rooiberg Wyne, Marianne Lochner; Namakwaland- en Van Loveren Wyne, Tinus de Jager). “Ek is nie iemand vir bedankings by die naam nie, want iemand kan dalk net uitgelaat word en daarom bedank ek graag alle betrokkenes vir hulle harde werk, hulpverlening en ondersteuning van harte,” het Aletta gesê.

Hardus Botha

Foto 1: Drie van die Bergies saam met Sneeuwitjie

Foto 2: En die koeël is deur die kerk vir Sneeuwitjie en die Prins

Kerkhorlosie baat by Sneeuwitjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles