Gansbaai Academia het met die Wêreld Boekedag entoesiasties deelgeneem om lees by die leerders aan te moedig. Die biblioteekmonitors het eetgoed verkoop en binne die biblioteek was interessante uitstallings. Wêreld Boekedag word op die 23e April gevier en die groot doel is om kinders (en volwassenes) te laat lees.
Academia se biblioteek, ook genoem “The Dictionary”, het danksy die gemeenskap se bydraes, vinnig gegroei. Daar kan nie genoeg klem gelê word op die belangrikheid van lees nie. Die biblioteek is gewild onder leerders en tydens pouses kan heelwat van hulle gesien word wat in die biblioteek lees of naslaanwerk doen. Die biblioteek is onder die leiding van me Carla Gouws, tot ‘n moderne sentrum ontwikkel.
Liezel Mostert